kategorieë: KalenderOntspanning

Botrivier Oor die Reënboog Lentenaweek

Botrivier se inwoners het net soos die reënboog-tema wat hulle vir vanjaar gekies het, ’n indrukwekkende spektrum aktiwiteite en pret gekies wat die beste van die streek vertoon. Om die natuur se ontwaking in al sy fasette te vier, sal al die deelnemende wynplase hul deure wyd oopgooi en besoekers gul innooi om hul kelderskatte en unieke plaaslike produkte te kom proe, in ’n inkopiereis van plaas tot plaas, wat hul spense tot barstens toe kan volmaak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die stemming vir die propvol naweek-program word reeds by die gewilde Beste van Bot Wyne-ekslusiewe ete op Vrydag, 1 September geskep. Die ster van die aand is Forage-restaurant se uitvoerende sjef, Gregory Henderson, wat bekend is daarvoor dat hy die plaaslike velde fynkam vir bestanddele vir sy inheemse eet-ervarings; Higgo Jacobs, die hoof van die SA Assosiasie van Sommeliers en mede-sommelier Ewan Mackenzie. Hulle sal saam ’n kundige kos-en-wyn pasmaat-ervaring skep, wat gaste ’n kykie sal gee in wat die res van die naweek op hulle wag. Die ete word by Wildekrans Wynlandgoed gehou en kaartjies teen R850 pp, kan deur Quicket (detail onder) bespreek word en sluit ’n Lentenaweek-pas in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Saterdag en Sondag sal Botrivier se deelnemende plase hul beste voetjie voorsit en elkeen ’n reënboogkleur uitbeeld en die nuweling in die Botrivier Wynvallei-familie, Arcangeli Family Vineyards, insluit. Die ander plase is Barton Vineyards; Villion Wines; Luddite Wines; Genevieve MCC; Beaumont Family Wines; Gabriëlskloof Wynlandgoed; Rivendell Estate & Vineyards; Paardenkloof Estate en Maremmana Estate.

Kaartjies vir die 2017 Botrivier Oor die Reënboog Lentenaweek kos R100 per persoon en kan saam met kaartjies vir die individuele geleenthede, deur www.quicket.co.za bespreek word, tensy anders aangedui. Die naweek-pas sluit ’n armband en wynglas in, wat by die Botrivier Toerismekantoor opgetel kan word. Quicket-stasies sal vir die naweek by Beaumont, Gabriëlskloof en Wildekrans ingerig word. Kinders onder 18 jaar geniet gratis toegang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir akkommodasie-opsies in die omgewing, besoek www.botriverwines.com

Vir meer inligting oor die 2017 Botrivier Oor die Reënboog Lentenaweek, kontak Melissa Nelsen by 083 302 6562 of Melissa@genevievemcc.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.