kategorieë: OuerskapJou lewe

5 wenke om jou kind empatie te leer

In ’n tyd wanneer baie kinders meer op hul volgende selfie as op hul maats se gevoelens fokus, is dit wonderlik wanneer ouers en onderwysers ’n punt daarvan maak om aandag aan empatie as ’n lewensvaardigheid te gee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

“In ’n klaskamer vol leerders met empatie loop alles gladder. As hulle mekaar verstaan en mekaar se behoeftes voorop stel, lei dit tot meer harmonie, beter leergeleenthede en groter produktiwiteit.” Só sê Lynne Arbuckle, die laerskoolhoof van Riverside College, ’n skool vir alle grade in Burgundy Estate in Kaapstad.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoe leer jy jou kind om empatie met ander te hê? Hier is Lynne se wenke:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Lei deur jou voorbeeld

Kinders kyk op na ouers en onderwysers. Deur empaties op te tree teenoor jou kind, leer hy of sy eerstehands hoe dit voel en lyk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Skep ’n “gaafheidsroetine”

Daag jou kinders uit om elke dag minstens twee gawe dinge vir ander te doen. Vra hulle daarna uit wanneer jy hulle by die skool gaan haal, of op ’n ander tyd wat jou pas.

3 Word “emosie-speurders”

Vra jou kinders om te “na te speur” hoe ander voel. Gesels oor die verskillende emosies wat hulle opmerk, en oor hoe dit hanteer kan word.

4 Vra: hoe voel jy?

Moedig kinders aan om hulle in ander se skoene te stel. Dit sal hulle meer begrip gee vir hoe ander voel.

5 Die beste en die slegste

Maak beurte om die beste en slegste gebeurtenisse van elkeen se dag te deel wanneer julle saam aandete eet. Dit moedig die kinders aan om te gesels oor enige positiewe of negatiewe emosies wat hulle gereeld ervaar. Dit leer hulle ook om met die hart na ander se ervarings te luister.

Lees ook: Die kwaai kalante: Raad vir ouers met aggressiewe kinders

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Kokkedoor-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 seconds Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.