kategorieë: Gesondheid

5 wenke vir ’n mooi somerlyf

“’n Somerlyf word in die winter gevorm,” het verskeie fiksheidsghoeroes al menigmaal gesê. In die winter het jy jouself dalk nie te veel daaraan gesteur nie, maar nou berou jy die ekstra lekkernye toe jy op die bank gelê het.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die weer raak warmer en rompies korter, maar jou lyf het nog nie die binnekant van ’n gimnasium gesien sedert Bruce Caitlyn geword het nie. Met bikini-seisoen op die voorstoep is dit tyd om aktief te raak!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat jy oor die volgende twee maande doen (of nie doen nie), sal bepaal of jy ’n bietjie meer lyf kan wys wanneer die son uitkom. Gelukkig is dit nog nie te laat om die somerlyf te kry wat jy jouself in Junie belowe het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

So, hoe gee jy jou oefensessies ’n bietjie meer oemf om op te maak vir die tyd wat jy jouself afgegee het? Ons het met Ivana Buchanan, ’n groepsoefeningspesialis by Zone Fitness, gesels om uit te vind hoe om vinnig ’n somerlyf te kry. Hier is haar top-vyf wenke:

1. Ruil dit om

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Skakel tussen hoë- en lae intensiteitsoefeninge om vinniger fiks te word. Gee jou somerlyf ’n hupstoot deur intervaloefeninge by jou oefensessies in te werk.”

MOENIE: Niemand verbrand vet deur bloot op ’n bestendige pas op ’n trapmeul te loop nie.
DOEN DIT: Optimaliseer jou tyd op die trapmeul deur vir een-minuut te sprint en daarna vir drie minute stadig te draf.

2. Gebruik gewigte

“Inkorporeer kragoefeninge in jou oefenprogram. Gewigte is nie net vir vurige fiksheidsfanatici nie. In werklikheid sal kragoefeninge jou metabolisme verhoog en dit doen wonders vir gewigsbestuur.”

MOENIE: As jy met kragoefeninge begin sonder behoorlike opwarming, sal jy jou naweek in pyn (en Deep Heat) deurbring.
DOEN DIT: Sluit by ’n fiksheidsprogram aan wat verskeie funksionele oefeninge wat beide hoë- en lae intensiteite het, aanbied. Zone Fitness CoreBurn-klasse is ’n klassieke voorbeeld hiervan.

3. Maak jou probleemareas fermer

“Skeduleer een fermsessie per week sodat jy op jou probleemareas kan fokus. Vir die meeste van ons sit ons ongewenste gewig rondom die boude en maag-area. Doen oefeninge wat op hierdie areas sal fokus.”

MOENIE: Om eindelose opsitte of hurke (squats) te doen, is nie baie opwindend nie. Dit is ook nie baie effektief om daardie lastige maagvetjies of bobeen-dimpels te bestry nie.
DOEN DIT: Verskeidenheid is baie belangrik vir ’n slanke figuur. Pilates leer jou nuwe en opwindende oefeninge vir jou maag en boude.

4. Nooi jou vriendinne

“Betrek jou vriendinne en jy sal gemotiveer wees om nooit ’n oefensessie te mis nie. Maak dit julle doelwit om jul lywe gereed te kry vir somer en julle sal dit in ’n japtrap behaal!”

MOENIE: Om elke gimsessie met ’n ete saam met die meisies af te sluit, klink dalk lekker, maar dit sal al julle harde werk vinnig uitwis.
DOEN DIT: Woon ’n prettige groep-oefensessie soos Zumba by en maak jou oefentyd lekkerder. Jy sal elke keer wil teruggaan vir nog ’n klas.

5. Daar is ’n toep vir dit

“Gebruik tegnologie tot jou voordeel en laai ’n fiksheidstoep af. Of jy nou na lekker musiek wil luister of ’n manier soek om jou vordering dop te hou, daar is baie toeps wat jou sal help om by jou oefenprogram te hou.”

MOENIE: Deur obsessief kalorieë te tel of te kyk hoeveel keer jy ’n oefening kan herhaal, haal al die pret uit ’n aktiewe leefstyl. Waak teen uitbranding deur dinge lighartig te hou.
DOEN DIT: Gebruik toeps op ’n kreatiewe manier sodat jy vinniger sterker kan word. ’n Toep soos Spring is ? moet-hê: kies een van die saamgestelde reeks liedjies wat ’n soortgelyke ritme het as dit waarop jy hardloop. Jou trapmeulsessie sal vinniger verby wees as wat jy dink!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.