Dié jaar se tema, ‘Kinders se Regte en Verantwoordelikhede’, word onder meer deur die Nasionale Kinder en Geweld Fonds (NCVT) ondersteun in samewerking met die Nasionale Vervolgingsgesag (NPA), die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad van Alkoholisme en Dwelm Afhanklikheid (SANCA), die Suid-Afrikaanse Dwelm en Angstigheid Groep (SADAG) en die nie-winsgewende organisasie, Childline.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Altesaam poog dié liggame om bewustheid te skep rondom kinderregte, -verantwoordelike en die nagevolge wat dwelmmisbruik op minderjariges het en sal deur die loop van die week met gemeenskappe in Cosmo City, Diepsloot, Fourways en Lanseria skakel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die doel van hierdie bewusmakingsweek is om dit duidelik te maak dat kinders regte het en dat daar gevolglik van hulle verwag word om eienaarskap van dié regte te neem deur verantwoordelik op te tree in hul gemeenskappe, skole en ouerhuise.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Hieroor sal die NCVT, saam met die NPA, SADAG, SANCA en Childline, ’n reeks motiveringspraatjies oor kinderregte en –verantwoordelikhede loods waarby verskeie skole in die Gauteng-are betrek sal word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Die NCVT aanvaar donasies, asook vrywilligheidswerk. Vir meer inligting hieroor, stuur ’n epos na ncvtprojects@iafrica.com of skakel +27 11 705-1960 | +27 11 467 4936.
Besoek ook gerus die NCVT-webtuiste vir meer inligting.
Lees dié rooi rose-artikels vir raad oor wat jy as ouer kan doen om jou kinders te help:
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.