kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 groepe mense met ’n groter risiko op doofheid

Weet jy wat is jou risiko op doofheid? En as jy ’n groter risiko loop, is dit tyd dat jy jou eie oudioloog uitsoek?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Almal van ons sal effens doof raak soos wat ons ouer raak, vertel Yolandé van der Westhuizen, oudioloog van Centurion. “Maar mense wat in hul lewe aan spesifieke middels blootgestel is of aan spesifieke siektes ly, loop beslis ’n groter risiko vir doofheid. Hulle kan meer doof raak óf op ’n jonger ouderdom begin sukkel met gehoor.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Daar is verrassend baie algemene middels wat aan doofheid gekoppel word- van aspirien tot droogskoonmaakmiddels, verfverdunners, die ontsmetmiddels wat tipies ‘skoon’ ruik … en daardie kannetjies insekgif wat ons so maklik spuit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mense met ’n groot risiko op doofheid

Wat verhoog jou kanse op doofheid? Kom ons begin by die een waaraan die meeste van ons nie dink nie:

1 Jy is op een van hierdie medikasies

Ons gebruik dit almal, soms of gereeld. Ibuprofen as ons griep of verkoue het, en waarskynlik het jy al streptomisien as antibiotika vir een of ander infeksie gehad. Hulle word egter ook aan doofheid gekoppel. Darem nie omdat jy dit ’n week of wat vir verkoue of infeksie gebruik het nie. Dit gaan oor langtermyn gebruik en/of gebruik in hoë dosisse.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Ander medikasies wat jou risiko op doofheid verhoog, sluit in:

  • Sekere antibiotika: onder ander neomisien en gentamisien. Die risiko dat dit jou gehoor beskadig is groter hoe groter dosis jy gebruik en hoe langer jy hulle gebruik. Boonop bly hierdie antibiotika twee, drie maande nadat jy dit gestaak het nog teenwoordig in jou gehoorstrukture, waar hulle skade kan bly doen.
  • NSAID’s soos naproxen en ibuprofen, wat ons algemeen vir pyn en koors gebruik.
  • Aspirien: Hoë dosisse veroorsaak tinnitis en tydelike doofheid. Die effek tree darem eers in werking as jy meer as 2,5 g aspirien per dag drink. Dit werk uit op 5 ekstra sterk Disprins.
  • Sekere middels vir chemoterapie. As jy chemo kry, vra jou dokter wat jou kanse op gehoorverlies is.
  • Sekere middels vir malaria.
  • Sekere middels vir hoë bloeddruk, spesifiek die klas wat die antidiuretiese middels (waterafdrywers) genoem word.

2 Jou werkplek en beroep (of jy gebruik tuis te maklik gevaarlike chemikalië)

Net soos medikasies hou talle chemikalieë ’n risiko vir doofheid in, veral as jy blootgestel is aan gomme, drukkersink, insekspuitmiddels, ontsmetmiddels, oplosmiddels en verfwerk. Jy behoort te weet met watter chemikalieë jy in kontak is. As jy nie weet nie, vra jou werksplek se gesondheid- en veiligheidsbeampte. Hy/sy behoort voorsorg te tref om jou daarteen te beskerm.

Hier is die lys van middels wat jou gehoor kan beskadig. Hoe langer jy aan hulle blootgestel word, hoe groter is jou risiko op doofheid soos jy ouer raak.

As jy meer wil weet oor werkplekblootstelling, lees gerus self ons bron hier

  • Benseen, wat jy tuis moontlik gebruik om oliekolle op klere te verwyder. Dit word ook wyd industrieel gebruik.
  • Perchloro-etileen (perchloroethylene). Nog ’n droogskoonmaakmiddel. Net soos met benseen, is die mense wat in droogskoonmakerye werk dié met ’n risiko op doofheid weens blootstelling, eerder as jy wat dit een keer elke af en toe gebruik om tuis klere skoon te maak.
  • Metileenchloried (methylene chloride). Dit word veral in verfverwyderaars gebruik, en ook in die voedselbedryf.
  • Poli-aromatiewe hidrokoolstowwe (polyaromatic hydrocarbons) wat vrygestel word wanneer steenkool brand en petrol ontbrand, soos in uitlaatgasse.
  • Koolstofmonoksied (carbon monoxide). Dit word aangetref in mynskagte en in motoruitlaatgasse, en ook gebruik tydens galvanisering.
  • Tolueen (toluene). Dit kom voor in baie tipes gom, verf, vernis, verfverdunners en brandstofbymiddels.
  • Trichloro-etileen (trichloroethylene). Dit is ’n industriële oplosmiddel, wat sedert 2005 deur die EPA (Environmental Protection Agency) as ’n kankerwekker geklassifiseer is. Dit behoort nie in jou werkplek in gebruik te wees nie.
  • Trichlorofenol (trichlorophenol). As jy al daardie medisyne-reuk geruik het as jy goggas met ’n spuitkannetjie uitgewis het, het jy al hierdie middel geruik. Dit is die aktiewe bestanddeel in sekere ontsmetmiddels, talle blikkies insekspuitmiddels en in onkruiddoders.
  • Xileen (xylene). Nog ’n algemene oplosmiddel wat industrieel gebruik word.
  • Formaldehied (formaldehyde). Dit word wyd in die vervaardiging van gomme gebruik. Jy sal dit ruik in die gom wat gebruik word vir die lê van matte.
  • Metale soos lood, kwik, kadmium en arseen, wat veral in die motorvervaardiging, batterye, verf- en die houtbedryf gebruik word.

3 Brandweerman as beroep

Baie van die bostaande chemikalieë vorm tydens brande. Dus loop brandweerpersoneel wat voortdurend blootgestel ook ’n risiko op doofheid.

4 Jy werk in ’n raserige plek

Een van jou werksplekregte: ’n ruimte waar geraasvlakke nie jou gehoor beskadig nie. As dit hoog is, kontak jou werksplek se veiligheidsbeampte, om seker te maak dit word korrek bestuur.

5 Sekere siektes

Jou risiko op doofheid is hoër as jy diabetes, hoë bloeddruk of ’n outo-immuunsiekte het.

6 Jou ouderdom

Die meeste mense verloor na die ouderdom van 35 hul gehoor. Dit gebeur gelukkig baie geleidelik, en jy sal waarskynlik goed genoeg hoor tot in jou vyftigs. Na vyftig ervaar die meeste van ons ’n duidelike mate van gehoorverlies. Moenie nou jou gehoor afskeep nie. Laat dit toets, en kry die nodige hulp, sodat jy goed tot laat in jou lewe kan hoor.

Die beste raad as jy ’n risiko op doofheid loop

Net soos wat jy ’n ginekoloog het behoort jy, as jy in die groepe met ’n groter risiko vir doofheid val, jou eie oudioloog te hê – iemand wat jou gehoor leer ken en gereeld evalueer wat nodig is om die beste van jou gehoor te maak, verduidelik Yolandé.

Waar kry jy ’n oudioloog? Kyk op die webwerf van die SA Association of Audiologists

As jy wonder hoe goed jy op die oomblik hoor, doen hierdie selftoets vir doofheid

Lees ook waarom dit beter vir jou gehoor is om so vroeg as moontlik ’n gehoorstuk te begin dra, eerder as om te wag totdat jy regtig doof is hier. Klik hier

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.