kategorieë: WenkeMode

6 modetendense wat vrouwees vier

1940: Op die man af

Aktrise, Katharine Hepburn, was nie net bekend vir al die rolprente waarin sy verskyn het nie, maar ook vir haar klerestyl, voorkoms en optrede. As kind het sy ’n jonger broer gehad, Tom, en nadat hy oorlede is, wou sy Tom se voorkoms naboots. Na haar deurbraak as aktrise het sy begin vereis dat haar stiliste haar aantrek soos sy aanbeveel – manlik. Katharine se styl was deur Amerikaners in die 1980’s erken. Sy het haar bekendheid en styl as ’n geleentheid gebruik om te bewys dat jy jouself kan uitdruk deur klere. Vroeër jare mag vroue byvoorbeeld nie broeke gedra het nie, maar Katharine het haar eie krag deur manlikheid gevestig. Vandag is die kantoorpak van die gewildste werksdrag vir vroue en word dit dikwels met mag en sukses geassosieer –  dit alles te danke aan Katharine Hepburn wat bewys het dat die pakbroek elegant en sjiek kan wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

1957: Katoog-sonbrille

Hierdie tipe sonbril is kenmerkend aan sy raam en het in die 1950’s gewild geraak. Die bril se vorm is oorspronlik ontwerp om as ’n voorgeskerwe bril gedra te word, maar wie kan vergeet hoe die bekende aktrise, Audrey Hepburn, in Breakfast at Tiffany’s dié spesifieke bril gedra het? Na die rolprent het die raam ’n groot trend geword. In die 1960’s het bekendes soos Marilyn Monroe en Elizabeth Taylor ook katoog-sonbril gedra en deur die jare het dié sonbril meer toeganlik vir ander vroue geraak. Met verloop van tyd het dié raam selfs effe verander om by meer verskillende gesigvorme te pas. Die styl bly egter klassiek en beeld dit ’n sjiek voorkoms uit.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write('
'); }

1960: Skouerlengte oorbelle

Elke modeslaaf het al van Twiggy gehoor. Kort rokkies, fietse lyfie en kort hare; dit tesame met die bonkige bal-oorringe wat heen en weer oor haar skouers swaai. Niemand kon hierdie styl beter as Twiggy uitbeeld nie. Hierdie fokus-juweelitems het aanvanklik in die 1960’s hul opspraak gemaak waar dit saam met die kort “seuns”-haarstyl gedra is. Die tegniek sorg vir ’n verslankende nek. Dit was in daardie jare dat kostuumjuwele ook hul kop by die modewêreld begin uitsteek het. Dink aan ’n oorvloed van groot krale en stene in geometriese vorms gerangskik. Die kandalaar-styl het later jare ook ’n groot gier geword nadat dit oorspronklik slegs deur adelikes gedra is. Vandag is daar egter ’n styl en lengte vir elke voorkeur. Die beste lengte vir jóú sal wees as jou oorring net-net oor jou skouer skuur.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1974: Platformskoene

Lui die Spice Girls ’n klokkie? Voor hierdie popgroep die platvormskoen ’n modegier gemaak het, is dit vroeër jare oorspronklik vir hoogte gedra. In die 1990’s het platvormskoene hul teruggekeur op die loopplanke gemaak by ’n Vivienne Westwood-modevertoning. Verskillende hoogtes was in verskillende jare mode en so het hierdie item in en uit die modewêreld beweeg. In 2014 het die platvormskoen weer stadig maar seker die kollig begin steel, waar dit vandag weer as ’n modieuse styl herken word. Style wissel van formele veterskoene tot gemaklike Espadrilles met verskillende sole. Hoewel die Spice Girl-hoogte nie gou weer ’n verskyning sal maak nie, hou ons van daardie tikkie ekstra lengte.

1980: Hooggesnyde swembroek

Wie wil nie verslankende bene hê nie? Hierdie kenmerkende swembroeksnit word dikwels met die bekende Baywatch-reeks uit die tagtigerjare geassosieer. Dink aan Pamela Anderson en modelle sooos Cindy Crawford. Die vroue-swembroek het tot die koms van die bikini die meeste van haar liggaam bedek. Die bikini was in 1940 ’n baanbreker-item in die modewêreld, hoewel die eenstuk altyd ’n gunsteling sal bly. Ons is sommer spyt dat ons nie eerder ons ou klere opgegaar het nie. Die rede waarom ons so baie van hierdie styl hou, is nie net oor die verslankende voorkoms nie, maar ook omdat dit goed lyk aan enige tipe figuur. Dit het die vermoë om ongewensde maagvetjies weg te steek en jou terselfdertyd sexy te laat lyk met sy die uitgesnyde rug. Ons grap nie as ons sê dat jy jou 90’s-klereboks kan gaan afstof nie – hierdie somer gaan alles daaroor om met jou beste bates te spog. Viva die vrou en haar beeldskone liggaam!

1990: Die choker-halssnoer

Waarmee assosieer jy die choker-halssnoer? Die stereotipiese gotiese tienerjare, die romantiese Renaissance of dink jy aan moderner name soos Kendall Jenner? Vandag kom die choker-halssnoer in alle kleure en style voor, maar hierdie tendens bevat veel meer as net die fluweellint wat jy in ’n vintage-winkel sal sien. Die choker het ’n ryk geskiedenis van kulture, tradisies en bygelowe. Antieke Egiptenare het byvoorbeeld geglo dat handgemaakte krale (“chokers”) spesiale beskermingsmagte bevat wat hulle teen die bose en die dood beskerm. Met die Renaissance-era is stringe pêrels deur adelikes gedra en in die 1700’s het Franse vroue rooi linte om hul nekke gebind ter ere aan die slagoffers wat onder die guillotine-byl omgekom het.

Afrika-stamme is weer bekend vir hul kleurryke kraleringe wat hulle by seremonies en troues gedra het. Die Ndibele-stam is veral bekend vir hul koperringe om die nek, wat indzila genoem word. Dit is aanvanklik deur getroude Afrika-vroue gedra as ’n simbool van hul lojaliteit en getrouheid aan hul eggenoot. Die choker as mode-item het egter eers in die 90’s vlamgevat. Bekendes soos Chanel en Lauran Bacall uit die 1920’s, tot Prinses Diana en Naomi Campell in die laat 1990’s en regdeur tot vandag waar daar met verskeie styl geëksperimenter word. Watter styl, snit of versiering jy ookal verkies, hou met jou volgende kopie hierdie in gedagte: Daar is ’n vrou agter elke choker.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.