kategorieë: Leef gesondGesondheid

6 slaapprobleme, 6 oplossings

Probleem 1
Oorstimulasie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Oplossing
Raak rustig in die twee uur voor slaaptyd. Dit is nie nou die tyd vir wii of TV-speletjies nie. Sorg dat jy saans rustig en vreedsaam verkeer, en hou veral jou slaapkamer rustig. Moenie slaaptyd kies om ernstige sake met jou maat te bespreek of te stry nie. Bly weg van kos wat jou kan stimuleer, soos soetgoed, koffie en wyn. Daardie glas kitssjokolademelk wat veronderstel is om jou te laat slaap, is propvol opkikkerende suiker. Drink jy tee ná nege? Dit bevat byna net soveel kafeïen as kitskoffie. Demp die ligte, want dowwe lig sein aan jou brein se slaapsentrum dat dit nag is. Of steek die kerse aan.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Probleem 2
Wegholgedagtes

Oplossing
Die oorsaak is meestal stres en/of angs. Leer ontspanningsoefeninge soos om ritmies asem te haal, jou spiere van jou tone tot by jou voorkop om die beurt saam te trek en te ontspan, of om ’n wonderlike, rustige droomplek te visualiseer waarheen jy as ’t ware kan ontvlug. Vir party mense help dit om ’n inspirerende leuse of Bybelteks te herhaal tot hulle in beheer voel. Nog ’n plan: laat jou maat jou rug en skouers masseer, of doen dit self met ’n masseertoestelletjie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Malende gedagtes is ook tipies van depressie, angsversteurings en ander gemoedsiektes. Vra jou dokter om jou te evalueer.

Probleem 3
Nagmerries ry jou

Oplossing
Nagmerries gaan dikwels met stres, angs, slaap-apnee en rustelose bene-sindroom gepaard. Sekere medisyne, nikotien en alkohol veroorsaak ook nagmerries, en moet uitgeskakel word. ’n Tegniek wat besonder goed werk, is om doelbewus ’n goeie, lekker, positiewe afloop vir jou nagmerrie te visualiseer, om so die angswekkendheid van die nagmerrie te breek. Dit help ook om vroegaand te oefen omdat dit die vlakke van jou streshormone verlaag. Joga is veral kalmerend.

Probleem 4
Jy kry maklik warm of koud

Oplossing
Verruil jou duvet vir lakens en komberse sodat jy lae kan afhaal of byvoeg. As jy neig om koud te kry, kan jou bloedsomloop swak wees. Stap meer deur die dag, en sirkel jou voete en hande sodra jy in die bed klim. As gloede pla, oorweeg hormoonvervanging. Maar gesels eers met jou dokter.

Probleem 5
Dit raas om jou

Oplossing
Mense met slaap-apnee en sinusprobleme neig om te snork, en pla hulself en hul slaapmaat. Die erns van albei toestande word onderskat – jy het regtig mediese hulp nodig. Jou slaap is belangrik genoeg vir jou gesondheid dat jy eenvoudig in ’n ander kamer moet gaan slaap as jou maat jou uit die slaap hou.

Probleem 6
Dit ruk en rol in jou bed

Oplossing
Verbasend baie mense ruk en skop onbewustelik snags, wat beteken dat hulle, net soos met slaapapnee, aan slaapgehalte inboet. Rustelose bene-sindroom is net so hinderlik. Gesels met jou dokter daaroor. Yster- en kalsiumaanvullings help vir party mense. As een maat baie groter as die ander een is, kan die groter een op die kleiner een rol. Kry twee enkelbeddens en stoot dit teen mekaar en maak dit met koningsgrootte beddegoed op sodat julle steeds gesellig saam slaap maar mekaar nie pla nie.

Bekommerd oor slaappille? Lees hier hoe dit jou werklik raak.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

1 day Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.