kategorieë: WenkeMode

6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop. Deur Bea Lingenfelder.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Belê in kwaliteit

Goeie gehalte kan mens se beursie soms agteroor laat buig, maar op die lange duur is dit tog beter om eerder ’n paar kwaliteit-items te koop as talle “goedkoper weergawes” daarvan. Kyk uit vir luukse materiaal en die rekbaarheid en dikte daarvan. Kwaliteit-tems is minder geneig om uit te rek na die eerste paar wasse en verloor ook nie vinnig hul kleur nie. Dit is egter aanvaarbaar om ’n paar bekostigbare items in jou kas te hê, veral vir rowwer aktiwiteite wat jou klere kan verniel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Skoene is belangrik

Die ondersteuning en postuur van jou kroontjie tot jou toontjie hang grotendeels van jou oefenskoene af. Dit is baie belangrik om tekkies te koop wat die beste ondersteuning in jou spesiefieke oefenveld gaan bied. Vra raad by ’n kenner of winkelassistent – hulle is dikwels ingelig oor die spesifieke kenmerke van elke tekkie.

#rrwenk:
Baie sportwinkels raai jou aan om jou ou oefenskoene saam te bring wanneer jy ’n nuwe paar wil koop. Sodoende kan hulle jou voetvorm en hoe jy jou skoene vastrap tydens oefening identifiseer en makliker ’n nuwe paar voorstel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Toets in die aantrekhokkie

Hoeveel van ons koop items sonder om dit in die winkel aan te pas? Hoewel dit dikwels moeite spaar, loop jy die risiko om iets te koop wat eintlik nie so goed sit, lyk of prakties is soos wat jy aanvanklik gedink het nie. Gaan toets jou oefenklere in die aantrekhokkie – doen ’n paar strekoefeninge, lig jou knieë op en af en swaai jou arms om te kyk of dit gemaklik is in die verskillende posisies.

Lees ook: 4 redes hoekom dit belangrik is om rugoefeninge te doen

Vermy katoen

Katoen is baie nadelig tydens oefening. Omdat dit vogtigheid absorbeer, vang katoen jou sweet maklik op, maar dit veroorsaak dat jy aan die einde van jou oefensessie dikwels met ’n deurdrenkte, swaar t-emp sit wat bakterieë versamel. Kies eerder materiale wat met poliëster en lycra gekombineer is – dit laat jou sweet “verdamp” eerder as om dit in die materiaal op te vang.

#rrwenk:
Wol is ’n goeie oefenmateriaal in die winter.

Kry jou regte grootte en snit

Dit is belangrik om jou presiese mates te ken. Oefenklere is baie meer spesifiek, omdat jy baie daarin gaan beweeg. Daarom moet jou broek nie afval nie, maar ook nie té styf sit nie.

’n Sportbra is een van die items wat die meeste vroue verkeerd koop. Let daarop dat daar geen gaping tussen jou bors en die brakoppie moet wees nie. As die brakoppies se naat effens in jou bors druk, dan is jou bra te klein. In albei gevalle bied jou sportbra nie die korrekte ondersteuning nie en ’n ongemaklike sportbra alleen is genoeg om enige vrou tydens oefening te demotiveer.

Gemak kom eerste

Daar is min dinge wat mens so selfbewus kan laat voel soos ongemaklike klere. Jou oefenroetine word kort-kort onderbreek met ’n hou-toe-hier en trek-op-daar situasie. As jy vooraf weet jy gaan ’n spesifieke oefening doen wat ’n uitstrek of buigende posisie behels, maak seker jou klere laat jou toe om jou volle potensiaal te bereik tydens die oefensessie. Kies byvoorbeeld eerder ’n kortbroek met ’n nouer pyp teen die bobeen of maak seker jou hempie hang nie oop by jou neklyn wanneer jy afbuk nie.

Lees ook: Die top-oefensondes wat jy moet vermy

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

2 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.