kategorieë: Bekendes

7 Bekendes deel hul kosbaarste Valentynsdag

Amalia Uys

Die lekkerste Valentynservaring wat ek tot nog toe gehad het, was in standerd een – of deesdae graad drie. Ná pouse het ek na my stoel toe gestap en het heeltemal niks van die dag gemaak of verwag nie. Ek was maar in my eie oë ’n lelike eendjie en eerder die seuntjies se maatjie as hulle Valentyn! Daar lê toe ’n eenvoudige kaartjie op my skoolbank met die woorde “gelukkige Valentynsdag” binne-in. Geen naam nie. Ek was so verras en in my noppies met my geheime bewonderaar dat die eenvoud van die kaartjie en die woorde nie eens saak gemaak het nie. Dit was daardie geheimsinnigheid, daardie kinderlike onskuld wat my vandag nog met ’n glimlag laat terugdink. ’n Week later het ’n blonde outjie met die naam Eben my die kys gevra en gebieg dat dit hy was! In die jare daarna het baie rose, sjokolade en geskenkies gevolg maar my heel eerste Valentyn bly my gunsteling!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Bertha le Roux

My gunstelingherinnering strek terug tot my standerdnegejaar. Dit was Valentynsdag en ek het nog geslaap toe my ma kom sê daar’s iemand by die voordeur. Ek trek toe my japon aan, druk my hare reg, borsel gou tande en gaan vinnig, maar nie te ywerig nie, na die voordeur. Daar gekom, is daar niemand nie, net ’n groot opgeblaasde hartjie met ’n pleister op wat sê: “I love you so much it hurts.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Mimi Mahlasela

My lekkerste Valentynsdagherinnering kom uit my matriekjaar. My destydse kêrel het vir my blomme en melksjokolade skool toe gestuur. Dit was tydens opening afgekondig. Ek was ’n bietjie skaam om voor almal op te staan en my geskenkie op die verhoog te gaan haal (nogal by die hoof!), maar ek het dit uiteindelik reggekry en daarna gedink dit was baie oulik van my kêrel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Donnalee Roberts

My gunsteling-Valentynsdagherinnering kom uit 2008 toe ek net vir Gerber ontmoet het. Ons was ’n klomp single vriende en toe besluit ons om sommer almal se name in ’n hoed te gooi en iemand te trek vir wie ons deur die dag iets spesiaals sou doen. Geluk was aan ons kant, want ek en Gerber het mekaar se name getrek. Ek was die hele dag op ’n skattejag vol verrassings en moes oulike, kreatiewe goedjies ontdek en doen. Daardie aand het ons klomp ’n Valentynspartytjie gehad waar almal moes vertel wat hul verrassing die dag was. Gerber was my GROOTSTE verrassing, want hy is nou my WONDERLIKE man!

Elma Postma

My beste herinnering aan Valentynsdag kom uit my laerskool- en hoërskooljare. Ons het altyd kaartjies gemaak of gekoop en dit dan met ’n “posdiens” of via ’n vriendin gestuur aan die een op wie jy verlief was. Die hoop was dat hy sou weet dis jy, en die grootste geskenk terug was ’n geheimsinnige glimlag as julle verby mekaar stap op pad na ‘n volgende klas, of ’n geselsie, natuurlik, wat jou bene lam gemaak het! Dit was ook lekker om te probeer uitvind by wie jy ’n kaartjie of sjokolade gekry het, hoewel dit partykeer ’n groot skok was, ha-ha. Dit was alles jonk en onskuldig en sonder komplikasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Diaan Lawrenson

Ek en Jody is nie rêrig Valentynsdagmense nie, maar een jaar het hy op Valentynsdag weg van die huis gewerk. Hy het vroeg die oggend huis toe gevlieg, my verras, ’n romantiese ontbyt gemaak en my die hele dag vrot bederf. Later die aand het hy terug stel toe gevlieg. Dit was ’n baie spesiale dag.

Vicky Davis

My gunstelingherinnering is aan die Valentynsdag toe ek in standerd sewe was. Ons skool het op hierdie dag ’n gebruik gehad dat leerders vir hul love interest naamlose sjokolade en ballonne ensovoorts kon bestel wat dan gedurende klastyd afgelewer is. Ek was maar bietjie van ’n langbeenspinnekop, net arms en bene, en het nie veel aandag van die teenoorgestelde geslag gekry nie en het nie juis verwag om iets van enige “geheime bewonderaar” te kry nie. Maar toe die Valentynsbestellings ons klas bereik, kry ek nie ’n sjokolade of ballon soos die ander nie, maar ’n bloedrooi roos en ’n groot kaartjie wat sê “Be my Valentine”. Die hele klas was in vervoering oor die ongewone geskenk en natuurlik doodnuuskierig! Ek het net skaam geglimlag, want al weet ek tot vandag toe nie wie die galante Valentino was wat my so spesiaal laat voel het nie, sal ek daardie gevoel nooit vergeet nie!

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

20 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.