kategorieë: Doen dit selfLeefstyl

7 slim wenke vir wasdag

Dit is moeilik om na die verskillende materiale in jou klerekas om te sien, veral as jy skaars genoeg tyd het om dit in die wasmasjien te gooi of te sorteer tussen kleure en wasbare en nie-wasbare stowwe.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Hier is ’n paar wenke

1 Lees die etiket vir temperatuur-gidse. Koeler temperature word aanbeveel vir materiaal wat kan krimp of verbleik in warm water. Warmer water (soos 40 °C) is ideaal vir ligte tot medium kleure en ’n warm was (50 °C en hoër) is ideaal om beddegoed, handdoeke en om vuil werk klere mee te was.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2 Was swart, bruin en donker kleure in koel water.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3 Onderklere word as delikaat geklassifiseer en moet met die wasmasjien se ligte siklus gewas word. Gebruik ’n ligte skoonmaakmiddel vir kant-materiale, maar katoen en sintetiese materiaal kan met gewone waspoeier gewas word.

4 Sit enigiets met ondersteunende bedrading (bra’s), hakies of gaas in ’n wasgoedsak. Dit verhoed dat die hakies ander items beskadig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

5 Vryf geel sweetvlekke met ’n sagte seep en warm water en laat dit ’n halfuur week.

6 As ’n item handwas nodig het, gebruik lou of koue water met ’n klein hoeveelheid skoonmaakmiddel. Moenie vryf of wring nie. Laat dit week. Druk dit versigtig uit en spoel met water.

7 Wol-items kan vorm verloor of krimp in ’n tuimeldroër. Plaas dit plat op ’n handdoek. Hervorm liggies as dit droog is.

Lees ook: Organiseer jou klerekas so

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.