kategorieë: Gesondheid

7 Wenke om yskaskos vars te hou

1. Elke happie op die regte plek
Die kompartemente in jou yskas het verskillende temperature. Elkeen is vir ’n ander kossoort ontwerp. Byvoorbeeld, die vleiskompartement is heelwat koeler as die deurkompartement. Bêre kos in die regte kompartement om die lewenstyd daarvan te verleng en kruiskontaminasie te voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Monitor die temperatuur
Die vinnigste manier om kos te bederf, is deur herhaaldelike blootstelling aan wisselende temperature. Jy kan die temperatuur in jou yskas konstant hou, deur dit gereeld te monitor. Die ideale temperatuur is tussen 1 °C en 5 °C.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Hou die deur toe
Ons maak ’n yskasdeur meer gereeld oop en toe as wat ons besef (vir koeldrank, eiers, souse, ens). Hoe meer jy die deur oopmaak, hoe meer koue lug ontsnap en dit veroorsaak dat vleis en groente aan temperatuurveranderings blootgestel word. As jy die regte yskas kies (soos LG se Door in Door-ontwerp), kan jy sekere items uithaal sonder om die deur heeltemal oop te maak. *Sien voetnota aan die einde van die artikel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

4. ’n Skoon yskas is ’n veilige yskas
Dit is baie belangrik om jou yskas gereeld skoon te maak, veral om te voorkom dat kos afgaan voor die vervaldatum bereik word. As jy iets binne-in die yskas gemors het, maak dit dadelik skoon. Kos of vloeistowwe wat gemors word, kan ’n broeiplek wees vir nare bakterieë.

5. Stoorwenke
Stoor kos in die oorspronklike verpakking. Vleis, vis en pluimvee moet in winkelverpakking bly tot op die dag wanneer dit gaargemaak word. Suiwelprodukte moet verkieslik ook in hul oorspronklike houers gestoor word, tensy jy dit na ’n opdienbak verplaas (in hierdie geval is dit belangrik om die bak met kleefplastiek te bedek sodat die produk nie mors nie). Kaas moet ook in oorspronklike verpakking gestoor word, maar net totdat jy dit vir die eerste keer gebruik. Daarna moet jy dit verkieslik in waspapier toedraai. Alle oorskietkos moet in duidelike (deurskynende) houers gestoor word sodat jy maklik kan sien watter kos daarin is en of dit nog vars is of nie. Die meeste oorskietkos sal vir 3 tot 5 dae vars bly, afhangende van die temperatuurbeheer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

6. Verhoog doeltreffendheid
Alle yskaste word nie gelykmatig vervaardig nie. Hoe minder energie-doeltreffend jou yskas is, hoe meer energie moet dit gebruik om ’n volgehoue temperatuur te behou. Dit beteken jy vermors meer elektrisiteit in ruil vir minder vars kos. Yskaste wat met energiebesparende elemente uitkom (soos LG se Inverter Linear Compressor), maak dit makliker om gelyke temperature vol te hou.

7. Die regte yskas
Die grootste geheim om kos vir so lank as moontlik vars te hou, is om ’n yskas te kry wat die beste vir jou werk. Dit maak nie saak hoe goed jy jou kos bedek of skei nie, jou yskaskeuse sal die grootste verskil wees tussen vars en vervalle kos. As kos gereeld voor die vervaldatum afgaan, moet jy dit miskien oorweeg om ’n nuwe yskas te koop wat aan al jou behoeftes sal voldoen.

*Ons hou van LG se yskaste!
• LG se yskaste bevat vakuumgedrewe kompartemente wat spesifiek ontwerp is om groente en vrugte vir langer vars te hou.
• Die yskaste bevat ook slim kontroleringstelsels waarmee jy temperature kan kontroleer en aanpas.
• ’n LG-yskas met Door in Door-ontwerp verminder die hoeveelheid lug wat ontsnap, aangesien jy nie die hele deur hoef oop te maak wanneer jy kos uithaal nie.
• LG se hygiene fresh filter filtreer 99,99% skadelike bakterieë en hou so jou yskas skoon.
• LG se Inverter Linear Compressor help jou om konsekwente temperature te handhaaf.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

3 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.