kategorieë: GebakKos

#75verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek

genoeg vir 10-12

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Donkersjokoladekoek
• 500 ml (2 k) water
• 250 ml (1 k) kookolie
• 450 g sagte bruinsuiker
• 200 g donkersjokolade, fyngekap
• 115 g kakao
• 4 groot eiers, liggies gekluts
• 325 g koekmeel
• 5 ml (1 t) bakpoeier
• 2.5 ml (½ t) sout
• 10 ml (2 t) baksoda

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Framboos-roomys
• 600 ml dubbeldikroom
• 1 x 397 g blikkie kondensmelk
• 500 g vars of bevrore frambose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Malvalekkerversiersel
• 4 eierwitte
• 250 ml (1 k) strooisuiker
• 15 ml (1 e) rooswater

1 Voorverhit die oond tot 180°C. Voer drie 24 cm-koekpanne met bakpapier uit.
2 Bring die water tot kookpunt in ’n middelslag kastrol. Verwyder van die hitte en voeg die suiker en olie by. Roer totdat die suiker opgelos is.
3 Voeg die sjokolade by en roer tot glad. Klits die eiers by.
4 Voeg die koekmeel, bakpoeier, sout en baksoda by en klits tot net gemeng. Bedek die mengsel met kleefplastiek en hou eenkant vir 1 uur.
5 Verdeel die mengsel gelykop tussen die koekpanne. Bak vir 30-35 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom. Koel deeglik af.
6 Voer een 24 cm- koekpan met bakpapier uit sodat jy ’n 10 cm hoë kraag het.
7 Vir die framboosroomys: klits die room en kondensmelk tot dik en romerig. Verwerk helfte van die frambose met ’n voedselverwerker tot glad. Druk die mengsel deur ’n sif.
8 Vou die framboospuree deur die roommengsel tot goed gemeng.
9 Smeer ’n laag framboosroomys op elke koek. Bedek elke koek met die oorblywende frambose. Sit die koeklagies in die voorbereide koekpan. Sit in die vrieskas tot heeltemaal gevries (oornag).
10 Vir die versiersel: klits die eierwitte in ’n hittebestande mengbak tot sagte punte vorm. Voeg die strooisuiker stadig by en klits tot dik en glansig. Sit die mengbak oor ’n kastrol met water oor matige hitte. Klits die meringue tot dit warm voel as jy jou vinger daarin druk. Verwyder van die kastrol. Klits dit weer tot heeltemal afgekoel. Voeg die rooswater by en roer deur.
11 Keer die koek uit die koekpan. Bedek die koek met versiersel. Skroei die malvalekker met ’n blaasvlam tot goudkleurig. Sit dadelik voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering

Verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboo-en-suurlemoenkoek

Verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike verjaarsdagkoek met bessie-coulis en outydse melkversiersel

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

7 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.