kategorieë: GebakKos

#75verjaarsdagkoek 5: Martjie Malan se framboos-en-suurlemoenkoek

genoeg vir 10

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sponskoek
• 170 g koekmeel
• 15 ml (1 e) mielieblom
• 6 eiers
• 200 g suiker
• knippie sout
• 70 g botter, gesmelt en afgekoel

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Suurlemoenstroop
• 125 ml (½ k) vars suurlemoensap
• 125 ml (½ k) suiker

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Framboos-en-suurlemoenversiersel
• 400 g botter, kamertemperatuur
• 600 g versiersuiker
• sap van een suurlemoen
• 200 g frambose

1 Voorverhit die oond tot 180˚C. Voer een 20 cm koekpan (dit moet ’n redelike diep pan wees) met bakpapier uit.
2 Smelt die botter en hou dit eenkant. Sif die meel en die mielieblom in ’n mengbak en hou dit byderhand.
3 Berei ’n dubbelkoker voor met 2 koppies water. Verhit oor matige hitte.
4 Plaas die suiker, sout en eiers in die mengbak van ’n elektriese menger en klits totdat dit goed gemeng is. Plaas die mengbak oor die pruttende water en klits aanhoudend. Die eiermengsel moet warm word en die suiker moet oplos. Toets gereeld of die mengsel warm is.
5 Plaas die mengbak in die elektriese menger sodra die mengsel baie warm is, klits teen hoë spoed. Die mengsel moet nou lig van kleur word en verdubbel in volume. Klits totdat die mengsel afgekoel het. Sowat 5-7 min.
6 Vou nou die meelmengsel versigtig met ’n breë spaan in. Roer twee eetlepels van die eier-en meelmengsel by die botter in.
7 Gooi dit nou weer by die ander bestanddele in die mengbak en vou goed deur sonder om te veel volume te verloor. Die mengsel moet lig, amper skuimerig en lig van kleur wees.
8 Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir 25-30 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom
9 Vir die suurlemoenstroop: kook die bestanddele in ’n klein potjie totdat die suiker opgelos is en dit stroperig word. Verwyder van die hitte en laat afkoel.
10 Vir die framboos-en-suurlemoenversiersel: plaas die botter in die mengbak van ’n elektriese klitser en klits tot sag en glad.
11 Voeg die versiersuiker by en klits teen medium spoed totdat die versiersel wit en romerig is. Sowat 5 min.
12 Voeg die suurlemoensap by en klits goed deur. Die frambose kan ook nou bygevoeg word en teen ’n stadige spoed deurgemeng word. Voeg so eetlepel of 2 kookwater by om dit maklik smeerbaar te maak.
13 Sny die koek in dun lae wat ewe dik is. Plaas die eerste laag op die koekbord en drup die suurlemoenstroop oor. Moenie die koek te nat maak nie. Smeer nou ’n lagie van die versiersel oor. Plaas nou die volgende koeklaag op en herhaal die proses tot al die lae voltooi is. Versier nou die hele koek met ’n dun laag van die versiersel, maak seker dit is mooi glad en egalig rondom en bo-op die koek.
14 Versier die bokant van die koek met roompoffertjies wat gedoop is in witsjokolade-ganache, goue roosblare en goud geverfde frambose.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Verjaarsdagkoek 1: Tina Bester se witsjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 2: Wessels van Vuuren se rooiwyn-sjokoladekoek

Verjaarsdagkoek 3: Katelin Williams se gebakte Alaska-koek

Verjaarsdagkoek 4: Kanya Hunt se haselneutkoek met rooifluweel-roosversiering

Verjaarsdagkoek 6: Corli Botha se maklike verjaarsdagkoek met bessie-coulis en outydse melkversiersel

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

15 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.