kategorieë: WenkeMode

8 dinge wat hierdie somer in jou strandsak moet wees

8 dinge wat hierdie somer in jou strandsak moet wees deur Susra Mathee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: iStock/fotostorm

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

8 dinge wat hierdie somer in jou strandsak moet wees

Ons het ‘n paar van die mooiste items gaan soek wat dié vakansie in jou strandsak moet wees. Hierdie items is nie net hoogs modieus nie, maar ook tydloos. Boonop gaan hierdie items jou op meer as een manier van diens wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Geweefde sak

Geweefde sakke is steeds groot nuus. Hierdie pragtige geweefde sak sal nie net as ’n strandsak dien nie, maar ook as ’n handsak. Gebruik dit op die strand, of vir ’n informele afspraak saam met ’n maksirok en sandale.

Lees ook: Die gewildste swemklere-style vir 2020

Strandsak (R999) Witchery

2. Iets wat toemaak

Serppatrone het weer gesorg vir ’n groot herlewing hierdie jaar, maar om seker te maak dat die styl tydloos lyk, kies ’n veelsydige rokkie soos hierdie een wat perfek is vir die dag en aand. Dra dit bo-oor jou swembroek of saam met hoë hakke vir ’n skemerkelkie-geleentheid in die aand.

Lees ook: 5 redes hoekom jy vanjaar in katoen moet belê

Midirok (POA) H&M

3. Plakkies

Alhoewel plakkies perfek is vir die strand, het dit hierdie somer ook nog modestatus bygekry. Dit word nie nou meer net saam met kaftans en swembroeke gedra nie. Maak seker jy loop nog ’n lang pad met jou plakkies deur dit op die regte manier skoon te maak. Gaan leer meer hieroor en ook hoe om na van jou ander gunsteling someritems om te sien by : Sorg so vir jou gunsteling-someritems

Plakkies (R299) Havaianas

4. Strooihoed

Ons het nog lank nie die einde gesien van die getroue strooihoed nie. Hierdie hoede is sjiek en ’n baie goeie manier om jou teen skadelike sonstrale te beskerm. Die gunstelingstyle op die oomblik is die boater, visor en die wyerand strooihoed. Jy sal hierdie somer nêrens sonder joune wil gaan nie.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

Strooihoed (R399) Zara

5. Sonbril

Maak seker jy het altyd ’n sonbril in jou strandsak om jou oë die nodige beskerming teen die sonstrale te gee, maar wat ook nie ’n fortuin kos sodat jy jammer voel as daar mettertyd ’n paar sandkorrels aan jou strandbril vassit nie. Die wayfarer-styl sonbril is tydloos en pas by alles.

Lees ook: Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sonbril (R995) Zemp

6. Swembroek

Laat jou lyf en voorkeur jou lei om die regte swembroek uit te kies. Hierdie tweestuk is tydloos met ’n hoë middellyfbroek (wat ook jou magie sal verbloem) en die die bandjielose top is ook nie onder ’n rok sigbaar nie.

Lees ook: 1 item, 3 maniere: Die snyersbaadjie wat jy hierdie somer moet dra

Bikini-toppie (R699) en -broekie (R599) Witchery

7. Handdoek

Jy kan vanselfsprekend nie strand toe gaan sonder ’n handdoek nie. Ons is mal oor Country Road se reeks handdoeke. Hulle kos wel ’n bietjie meer, maar is van duursame kwaliteit en sal jou lank hou.

Lees ook: Vlei jou bates só in ’n swembroek

Handdoek (R349) Country Road

8. Sonskerm

’n Sonskerm vir jou gesig is nie net belangrik vir wanneer jy in die son is nie, maar moet beslis elke dag aangewend word om jou teen alle UV-strale te beskerm (tot dié wat deur rekenaars en ander elektroniese ligte uitgestraal word) Ons gunsteling is die Heliocare reeks.

Lees ook: Alles wat jy oor sonroom moet weet

Sonskerm (R365) Heliocare

Kry dit hier

Country Road

H&M

Heliocare

Witchery

Zara

Zemp

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

7 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

7 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.