In `n vinnig veranderende wêreld waar nuwe uitdagings voortdurende voorkom en dringende oplossings verg, is die vraag na vernuwing en kreatiewe denke in die 21ste eeu se werkplek belangriker as ooit. Soos bedrywe die oorgang na aanpasbaarheid en buigsaamheid maak, word die vermoë om kreatiwiteit by ons jong generasies aan te wakker ’n belangrike belegging in die arbeidsmag van die toekoms.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Esmarél Potgieter, die hoof van akademie by Koa Akademie – die Afrikaanse aanlyn skool wat onlangs bekendgestel is – beklemtoon die deurslaggewende rol van kreatiewe denke in vandag se gejaagde wêreld: “Onderwys moet bybly by die vinnige veranderinge wat ons in die wêreld ervaar en moet sinvol reageer op werklike behoeftes. Aanpasbaarheid en innoverende oplossings is reeds uiters belangrik in alle aspekte van die lewe. Daarom is dit noodsaaklik dat ons kinders ondersteun in die ontwikkeling van hulle kreatiewe denkvaardighede. Dit is nie net `n opvoedkundige ideaal nie, maar `n strategiese noodsaaklikheid vir die vorming van toekomstige leiers en probleemoplossers. Onderwysers én ouers speel `n onmisbare rol om hierdie sagte vaardighede, soos kreatiwiteit, te bevorder.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }`n Verskuiwing in hoe ons oor kreatiwiteit dink en dit definieer, is noodsaaklik om dit in die moderne wêreld die plek te gee wat dit verdien. “Kreatiwiteit word dikwels gesien as iets wat hoofsaaklik met die kunste en natuurlike kunsinnige talente te doen het. Uit die skool se oogpunt beteken dit dat die kunsklas, die musiekkamer, die dansgroep of die dramaklub die enigste plekke is waar kreatiwiteit doelbewus ontwikkel word. Kreatiwiteit en kreatiewe denke is egter ook kernkomponente van wiskunde en wetenskap. Hierdie vaardighede is belangrik in rekeningkunde en besigheidstudies, asook in die onderrig van entrepreneurskap. Kreatiwiteit is nie iets waarmee jy gebore word nie – daar is nie `n genetiese faktor wat dit bepaal nie. Navorsing toon eerder dat ervarings en `n stimulerende omgewing kreatiwiteit aanwakker. Met die regte geleenthede kan enige kind kreatiwiteit ontwikkel.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: Tieners en slaap: Wat jy moet weet
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Kreatiwiteit bestaan op ’n kontinuum tussen die generering van nuwe idees waaraan niemand nog gedink het nie en die vorming van nuwe assosiasies deur verskillende maniere te vind om bestaande konsepte te verbind.
Ontdek Koa Akademie; besoek www.koaakademie.com
Lees ook: Maak nuuskierige kinders groot!
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.