kategorieë: WenkeMode

8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

8 wenke vir daardie perfekte denimpaar. Deur Susra Matthee.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Eerstens is dit belangrik om te onthou dat baie denims gemeet en gepas is op ’n model of mannekyn wat moontlik nie dieselfde liggaamstipe as jy het nie. Moet dus nie moed verloor as jy ewe skielik ’n nommer groter moet oorweeg nie … Op die ou einde gaan dit oor wat vir jóú die gemaklikste sit en die meeste selfvertroue bied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1. Stel jou grootte vas

Aangesien die middellyf die moeilikste deel van ’n jean is om te verander, moet jy nooit vir daardie gedeelte ’n tussenoplossing vind nie. Baie handelsmerke maak hul nommers volgens die afmetings van ’n middellyf en daarom is dit die beste om jouself vooraf te meet en volgens daardie mates te soek. Sodoende kan jy ’n meer akkurate idee kry van watter jean jou sal pas. Met behulp van ’n buigsame maatband, meet die omvang van jou natuurlike middellyf. Dit is die kleinste deel van jou middel; gewoonlik tussen jou heupbene en onderste ribbes. Rond daardie getal af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rrwenk: Onthou, die meeste denims se mates word in duim gemeet en dus is dit makliker as jy jou getal ook na duime toe verwerk.

2. Moenie vaskyk in groottes nie

Om ’n nommer groter of kleiner te gaan beteken nie noodwendig dat jou liggaam verander het nie. Elke handelsmerk het nie presies dieselfde afmetings nie en produksie-afdelings bepaal ook of ’n denim groter of kleiner gaan wees – van die stikwerk tot die hoeveelheid wat dit na die eerste was sal krimp. Materiaal speel ook ’n belangrike rol: party “dikker” materiale, soos vintage-geïnspireerde denim, mag stywer wees en vereis dat jy ’n nommer groter moet kies, waar dit aan die ander kant weer makliker is om jou in ’n rekbare denim in te wikkel.

Lees ook: sorg so vir jou denims.

3. Toetslopie

Voordat jy op ’n denim besluit, doen ’n toetslopie: staan voor ’n spieël om te sien hoe die jeans van agter lyk. Sit dan op die kleedkamerbank en buig af na jou skoene om te verseker dat daar geen ongemak is nie. Die dele om jou middel en agter jou kniee is veral geneig om ongemaklik te wees in sekere posisies.

4. Kies die silhoeët en kleur wat vir jou die beste werk

Donker jeans wat uitklok skep die illusie van langer bene en kleiner heupe. Indien jou bene jou beste bate is, kan jy ligte jeans oorweeg of jeans met detail op die pype. Probeer altyd ’n verskeidenheid style, waskleure en selfs groottes wanneer jy nuwe jeans aanpas. Jy weet nooit, ’n paar wat nie so mooi aan die hanger lyk nie, kan dalk net die paar vir jou wees.

Lees ook: dra jou wit denim so.

5. Moenie koop indien jy nie 100% seker is nie

Iets wat jou pla gaan nie weggaan met tyd nie, so moet dus nie skik vir ’n paar waaroor jy nie 100% seker is nie. Een van die ergste mode-sondes is om iets te koop wat ongeraak in jou kas bly hang!

6. Wees oop om iets nuuts te probeer

Speel ’n bietjie rond en eksperimenteer. Dit kan pret wees om iets buite jou gemaksone te probeer. Daar is ook deesdae so baie snitte om van te kies en te keur; jy kan dalk net verras word met hoe goed dit lyk!

Lees ook: Verleng jou swart denim se leeftyd so.

7. As jy twyfel, gaan vir die middel-hoogte opsie

Rolletjies wat bo-oor die heupsoom hang gebeur selfs met die beste van ons, maar dit kan maklik vermy word met ’n hoër middelsnit. Moenie noodwendig ’n groter snit kies as die heupsoom laag is en jou druk nie, dit sal net tot ongemak lei. In plaas daarvan, kyk eerder vir ’n ander styl wat aan jóú vereistes voldoen. Alhoewel ’n snit wat bo jou naeltjie sit jou bene langer laat lyk, is die ekstra materiaal nie altyd gemaklik nie. Dit kan ook ’n borrel in die materiaal maak as jy sit. ’n Middel-hoogte (mid-rise) is die beste opsie vir ’n veilige, vleiende snit.

8. Maak dadelik verstellings

Indien daar klein verstellings gemaak moet word, byvoorbeeld aan die lengte, laat dit sommer dadelik korter maak. By sommige winkels soos Levi’s in die V&A Waterfront en Sandton City kan jy binne die winkel dit deur ’n kleremaker laat verstel net nadat jy betaal het! Onthou egter om jou verstellings te meet met die skoene waarby jy dit gaan dra. Wye pype wat goed werk saam met hakke moet ongeveer ’n duim van die vloer af val, terwyl noupassende jeans net by of bo die enkelbeen moet sit. Indien jy dit nie wil korter maak nie, is daar verskeie maniere hoe jy dit kan omrol.

Hooffoto: Cottonbro vir Pexels

Lees ook: die vleiendste denimromp vir jou figuur.

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.