kategorieë: Leef gesondGesondheid

Nege feite oor Ebola

Ons weet nou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Ebola kan ses dae lank op ’n oppervlakte oorleef waaraan ’n siek persoon geraak het. Die simptome (Simptome van Ebolakoors wat jy nie kan miskyk nie), lyk aan de begin soos malaria of koors, ’n seer keel, seer spiere, kopseer en rooi, bloedbelope oë. Die persoon voel swak en is sonder eetlus. Dit vererger binne ’n dag, en die persoon sal skielik baie koorsiger raak en begin bloed opbring, met bloedbelope oë. Dan volg kneusplekke oral op die liggaam, soos inwendige bloeding begin plaasvind, met bloeding vanuit die neus, oë en ore en mond.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• Mense kry die simptome gewoonlik binne ’n week na infeksies, maar hulle kan van twee tot 21 dae neem om siek te raak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

• Dit is bekend dat jy net kan aansteek deur direkte kontak met liggaamsafskeidings van ’n siek persoon, soos bloed, vomeersel, stoelgange, uriene, speeksel, borsmelk en semen.  ’n Man kan dit dus deur seks aan sy vrou oordra; jy kan dit deur soen aansteek; ’n ma kan dit aan haar borsvoedende baba oordra, die persoon wat vomeersel opruim kan Ebola daaruit aansteek, en mediese personeel kan dit aansteek in die loop van normale verpleging en ondersoek van pasiënte.

• Die WGO sê dat mense met Ebola nie die virus kan oordra na ander voor hulle self siek is nie. Jy kan dus slegs van ’n persoon met die simptome van koors, ’n seer keel, seer spiere en hoofpyn aansteek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Kontak met die persoon is nie soseer gevaarlik nie: dit gaan oor kontak met sy liggaamsafskeidings.

• Sover was die wêreld al ’n hele paar keer uitgeboul as nog iemand, byvoorbeeld gevalle in Spanje, Ebola aansteek. Dit is bekend uit navorsing wat in 1996 gedoen is dat die virus in voldoende getalle in die longe van siek apies voorkom om luggedra te word. Nogtans sê die WGO die virus word nie deur water of in die lug gedra nie.

• Omdat Ebola in stoelgange en uriene van Ebola-pasiënte aanwesig is, is dit ’n groot bron van kommer onder gewone mense omdat hulle vrees dat die grondwater so besmet kan word. Dit is egter baie onwaarskynlik, en het sover bekend tot nog toe nie so versprei nie. Lees ook: 15 maniere om jouself te beskerm en Gestel jy was in ’n Ebola-area.

• Die virus kan ses dae oorleef waar liggaamsvloeistowwe van ’n siek persoon beland het – sy sputum, vomeersel, bloed en so aan.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

16 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.