kategorieë: WenkeMode

9 mode-items wat jou jonger sal laat lyk

Rare Earth-enkelstewel (R1 199) Poetry

  1. Enkelstewels

Enkelstewels sal enige uitrusting opkikker en jou jonger laat lyk. Stewels met hakke en interessante detail sal nog ’n paar jaar afgooi. Maar as hakke nie vir jou is, sal hierdie stewel van Poetry ook werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Daniel Hechter-hemp (R525) Truworths

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2. Denimhemp

’n Denimhemp of ’n goeie gehalte eenkleur t-hemp is die jonger-lyk opsie bo ’n bloes of kraaghemp. Al is dit hoogmode, moenie denim by denim dra nie, dit sal jou ouer laat lyk, tensy jy nog baie jonk is.

Halsnoere (R670 elk) Pichulik

3. Treffende halssnoer

Dra die treffende halssnoer by ’n swart t-hemp of rok vir ’n vrolike, jonger voorkoms.

Jeans (Prys op aanvraag) Levi’s

4. Jeans wat jou boude lig

Hierdie jeans van Levi’s se 300-reeks lig jou agterstewe vir ’n jonger voorkoms. Die 311 skinny-jeans pas aan by jou lyf om die perfekte vorm te gee.

Baadjie (Prys op aanvraag) Mango

5. Baadjie

’n Baadjie (blazer), is baie cool saam met jeans vir enige ouderdom. Dit sal ook nie lyk asof jy te hard probeer om jonk te lyk nie.

Bra (R549.95) Triumph.

6. Regte bra

Dit is belangrik om te gaan vir ’n professionele bra fitting. Die regte bra sal jou borste lig en jou ’n slanker middel gee wat jou jonger sal laat lyk.

Die Triumph Magic Wire-reeks is ’n innoverende versameling wat onsigbaar onder jou klere is.

Mimco-handsak (R2 299) Woolworths

7. ’n Bietjie kleur

’n Bietjie kleur in jou uitrusting sal verhoed dat jy faal lyk. Dit hoef nie noodwendig té helder te wees nie. Die subtiele oranje-skakering handsak (links) is prefek.

Vera Wang- sonbril (vanaf R2 800) SDM Eyewear

8. Modieuse sonbril

Pak weg of gee daardie sonbril weg wat jy nou al die laaste 20 jaar dra. Dit is tyd dat jy een koop wat ’n trendy, jonger voorkoms skep. Die Wayfer-styl soos die Vera Wang (regs) is ’n goeie opsie. Dit pas by die meeste gesigte, en dit gaan nie sommer gou uit die mode.

Oorbelle (R975 – R1 950) Dear Rae

9. Interessante oorbelle

Probeer iets anders. Met hierdie Dear Rae-oorringe sal jy baie komplimente kry, jonger en stylvol lyk.

Deel
Gepubliseer deur
Daniela du Toit

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

21 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

24 hours Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.