kategorieë: InspirasieJou lewe

Slim oplossings vir winterwasgoed

Wat pla die meeste vroue nog wanneer dit by wasgoed kom, buiten die feit dat dit soveel tyd in beslag neem?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• Stryk, opvou en wegpak
• Die klam reuk van klere
• Die koste daarvan om al die toestelle te gebruik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Gedurende die winter, sodra koue weer toeslaan, is dit asof die wasgoed al hoe vinniger ophoop, maar hierdie winter behoort die gebruik van hierdie maklike, slim oplossings te help om tyd te bespaar!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Organiseer en prioritiseer

Prioritiseer die wasgoedmandjies. Hou ’n mandjie vir noodsaaklike items, soos skooldrag, sportdrag en werksklere. Verduidelik aan die gesin en die huishulp dat hierdie mandjie se wasgoed eerste gewas en drooggemaak moet word wanneer die weer eers begin versleg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

2 Kies ’n korter siklus

Tensy klere vuil lyk, kan jy ’n korter wassiklus op jou wasmasjien kies.

3 Maak seker die masjien is heeltemal vol

Sit ’n paar kouse, onderklere en liggewig items in om die masjien vol te maak en om sodoende tyd op die lange duur te bespaar.

4 Trek reg en gebruik ’n klerehanger

Alle klere moet eers reggetrek word voordat jy dit ophang om droog te word. Werksklere moet reggetrek, op ’n hanger geplaas en dan opgehang word, aangesien dit strykwerk sal spaar, wat gewoonlik die meeste tyd in beslag neem.

5 Kry ’n Spindel

Spindel is die beste tydbespaarder wanneer dit by wasgoed kom, en kom ook in die winter tot ons redding. Dit gebruik baie vinnige spinkrag in plaas van hitte om tot 80% van die oorblywende vog binne net drie minute uit die klere te verwyder. Die wasgoed word dus baie vinniger droog – selfs binnenshuis op ’n reënerige dag. Spindel is ook veilig vir alle soorte materiaal, en omdat dit oormatige vog uit klere verwyder, en veral handdoeke, word die wasgoed deeglik droog, sonder daardie ewige klam reuk.

Besoek Spindel se webblad hier vir meer inligting.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.