kategorieë: Ons menseBekendes

Anne Hirsch: ernstig oor snaaks wees

As jy Anne Hirsch (32) al op ’n verhoog in aksie gesien het, sal jy weet sy is bitter snaaks. Die beste is dat sy nie eens ’n woord hoef te sê nie – haar lyftaal en gesigsuitdrukkings laat vanself die lagtrane rol.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Sy wou nooit aktrise word nie, vertel dié Kaapse komediant. “Maar ek was wel mal daaroor om my ouers te dwing om deur lang konserte te sit,” skerts sy. “Ek wou eintlik rock ’n roll sing, of tromme speel, soos alle kinders seker maar.” Net jammer, sê sy droogweg, dat sy nooit enige talente in dié rigting gehad het nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Sy is ’n enigste kind. “Ek moes nogal kreatiewe maniere kry om myself besig te hou. Ek was kleintyd redelik goed in sport. Onthou, my een oupa was selfs ’n Olimpiese atleet. Maar ek sou veel eerder ure lank sit en flieks kyk as om te gaan tennis speel. Maar moet nou maar nie dat my oupa hoor nie … ”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ná ’n dramagraad aan die Universiteit Stellenbosch het sy ’n honneursgraad én ’n meestersgraad in drama aan die Universiteit van Kaapstad behaal. In haar honneursjaar het dosente haar aangeraai om op komedie te fokus. “Seker maar omdat my dramatiese toneelspel nie watwonders was nie,” skerts sy.

Luister jy na haar vertellings, was komedie eintlik ’n logiese loopbaankeuse. Sy was van kleins af dol daarop om mense te laat lag. “’n Onderwyseres het eendag vir my ma gesê ek moet ophou om so baie grappies te maak en dat ek die lewe ernstiger moet begin opneem. Dit het my só onstel! Hoekom sal enigiemand wil ophou grappies maak? Net daar het ek besluit: Ek gaan vir altyd aanhou grappies maak!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“As kind was dit vir my lekker om mense te sien lag – eintlik is daar steeds nie ’n lekkerder gevoel nie. Dis natuurlik heeltemal narsisties, maar die bevrediging wat daarin lê om ’n grappie te maak en iemand te laat lag was nog altyd vir my baie aanloklik.”

Sy dink haar ouers het iets met haar loopbaankeuse te doen.

“My ma was ’n fenomenale danser wat haar eie dansskool in Bloemfontein besit het, en my pa het die mees eksentrieke, fantastiese sin vir humor. So, tussen die twee van hulle gebeur ekke toe!”

Moenie dat haar Engelse van jou mislei nie – sy is eintlik Afrikaans. Haar pa is Engels, maar Anne se ma is Afrikaans. “Hulle verstaan meestal nie ’n woord van wat die ander een sê nie – die geheim van ’n suksesvolle huwelik!” Hoewel die meeste van haar werk in Engels is, is sy mal daaroor om in Afrikaans op te tree. “Afrikaanse mense het so ’n wonderlike, spesifieke sin vir humor!

Dis ’n hele nuwe uitdaging om hulle te laat lag!”

In 2009 het Anne So you think you’re funny, ’n kompetisie op SABC2 wat daarop gemik was om nuwe komediante te ontdek, gewen. Sedertdien het sy al op van die grootste komedieverhoë in die land opgetree, insluitende Kings and Queens of Comedy en Blacks Only. Sy is ’n baie gewilde seremoniemeester, en het ook ’n aanlynkomediereeks, The Anne Hirsch Show. ’n Variasie op dié reeks, The Anne Hirsch Radio Show, is gesindikeer aan streeks-radiostasies soos JacarandaFM, East Coast Radio en OFM, en is in 2013 met ’n MTN-radiotoekenning bekroon.

Is dit nie moeilik om ’n bestaan uit komedie te maak nie? “Dis nie maklik nie. Maar ek vermoed as jy dit met die druk vergelyk wat ’n mediese dokter, ’n mynwerker of selfs ’n kelner ervaar, besef jy dis eintlik die lekkerste werk in die wêreld.”

As seremoniemeester tree sy dikwels voor groot gehore op. Kry sy verhoogvrees? “Daar is niks erger as die gevoel vyf minute voordat jy op die verhoog moet verskyn voor drieduisend mense nie. Dis aaklig! Elke keer wanneer ek op ’n verhoog stap, soek ek na die nooduitgange, net vir ingeval … Maar daardie rush wanneer jy van die verhoog afstap, maak alles die moeite werd.”

Komedie is goed vir haar. “Die vermaaklikheidsbedryf in Suid-Afrika is klein en dis ’n moeilike bedryf. Ek dink mense sal geskok wees om te hoor hoe min party van ons beste akteurs betaal word. Ek weet nie wat die geheim is nie, maar as jy iets doen wat niemand anders doen nie, moet hulle jou aanstel!”

Ek wil weet of dit waar is dat komediante dikwels ernstige mense is.

“O nee, ek maak heeldag en aldag grappies! Of mense daarvoor lag, is natuurlik ’n ander vraag.”

En haar gunsteling-komediante? Sy rits die name af: Tina Fey, Amy Poehler, Dawn French, Jennifer Saunders, Amy Schumer … “En plaaslik is Tumi Morake my gunsteling.”

Wat laat Anne regtig lekker, diep-uit-die-maag-uit lag? “Die belaglike! Ek het grootgeword op Monty Python en Black Adder, so ek was nog nooit een vir subtiele humor nie. My motto is go big or go home!”

Soos baie ander kunstenaars in die land, doen Anne alles wat haar hand vind om te doen. Sy was al medeskrywer van drie eenvrouvertonings en skryf ook rubrieke vir verskeie publikasies. Een daarvan, vir die aanlynpublikasie ZANews, is in 2014 met ’n SAFTA vir beste komiese rubriek bekroon. “Ek skryf tans twee reekse vir TV, iets waaroor ek baie opgewonde is. En ek is deel van ’n Kaapse improvisasie-groep genaamd Imporguise. Ons tree een keer per week op.” Verder verdien sy haar brood as aktrise en stemkunstenaar.

Is daar tyd vir ontspan? “Jong, as ek die dag wil, kan ek verskriklik lui wees, en dis vir my onsettend lekker. Ek kyk Netflix en chill net. Ek bestel wegneemkos en lê heeldag op die bank en kyk reekse en reekse nonsens. Maar ongelukkig gebeur dit nie elke dag nie.”

Is daar iets wat mense nie van haar weet nie? “Ek háát drukkies! Al deel ek graag drukkies uit aan die bekendes op my show, maak dit my in die regte lewe ontsettend ongemaklik om iemand ’n drukkie te gee. Dis so intiem. Jy druk letterlik iemand teen jou lyf vas en hou hulle daar! En natuurlik, omdat ek baie Afrikaanse familie het, glo hulle nog in soengroet ook!”

Sy word nie sommer kwaad nie. “Klein goedjies ontstel my nie eintlik nie. Dis meer mense wat hard kougom kou, of wat voor my in die ry by die bank indruk. Jy weet, die groot goed!” sê sy op haar kenmerkende droë manier.

Maak sy vyfjaarplanne? En indien wel, waar sien sy haar oor vyf jaar? “Sjoe, nee, ek maak nie eens vyfuurplanne nie. Maar ek hoop ek is oor vyf jaar iewers op ’n eiland saam met my beste vriendin Angelina Jolie.” (In die Anne Hirsch Show probeer Anne haar bekende gaste met skreeusnaakse gedokterde foto’s oortuig sy en Angelina is eintlik boesemvriendinne.)

Wat sou sy wou wees as sy nie ’n aktrise en komediant was nie? “Beslis ’n karakter in Mad Men. Hulle sit heeldag en drink drankies op kantoor – ek dink ek is werklik aangelê daarvoor.”

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

21 hours Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 day Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 day Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.