Deur Carla van der Spuy

Hoekom dink jy geniet mense dit om krimi’s te lees?
Ek dink lesers geniet dit om saam met die hoofkarakter die misdade op te los. Dis soos ’n raaisel waaraan die leser werk en daar is die vooruitsig dat die boef aan die einde van die boek sy moses gaan teëkom. Dis nie iets wat ons in die werklike lewe altyd sien nie.
Waar kry jy die krag vandaan om te midde van groot gesondheidsuitdagings (kanker) steeds te skryf en boekbekendstellings by te woon?
My krag kom van Bo. Daar is dae wanneer alles te veel lyk, maar ek druk deur en doen wat gedoen moet word met die krag wat deur genade aan my gegee word.
Wie, in een sin, is Madelein Rust?
Ek is as mens en as skrywer gedissiplineerd, ek verwag baie van myself én ander en ek is ’n idealis.
Dink jy mense dink skrywers is slim?
Beslis. Ek dink self skrywers is slim. Dis ontsettend moeilik om aan Madelein Rust as skrywer te dink. Ek plaas myself eerder in die storieverteller-kategorie.
Van al die kreatiewe beroepe vestig skrywers die minste aandag op hulself. Stem jy saam hiermee?
Dit is so, hoewel daar een of twee uitskieters is wat mooi is. En hulle kan skryf. Jy moet egter onthou: Ons is die mense wat in die hoek by partytjies sit en mense dophou sodat ons van hulle karakters in ons boeke kan maak.
Watter raad het jy vir ’n jong skrywer met sterre in die oë?
Skryf elke dag iets. Al skryf jy een sin. Skryf. En lees in die genre waarin jy wil skryf. Lees krities. Leer uit wat jy lees. En dan skryf jy nog ’n bietjie.
Madelein Rust se bloginskrywings vir rooi rose
Die dag toe ek ’n nuwe “boobie” gekry het
Oor versiersels en dié wat versier
Oor organe en bloed en ander lewegewende goed
Kanker-smanker-keriekstiek-stanker: ’n Nuwe is lente aan die kom
Van spookpyne en stories skryf
Die klein goedjies waarvan niemand jou vertel nie
Lees ook: Drie legendes vanjaar by die Silwerskermtoekennings vereer

