De Krans, wat op Calitzdorp in die Klein-Karoo geleë is, is bekend vir hul bekroonde portstylwynreeks. Ons gunstelingeienskap van die De Krans se portstylwyne (voor die naamsverandering in 2010 bekend as port) is die veelsydigheid daarvan as dit kom by hoe en waar om dit te geniet. Hierdie wynreeks, met sy natuurlike soet smaak, heerlike vrugtige karakter en gebalanseerde sappige suurheid, is perfek vir die winter.
Meng die De Krans Cape Pink met sodawater, gemmerbier of tonikumwater vir ’n heerlike drankie of skemerkelkie voor die aand se verrigtinge begin.
Die De Krans Premium Cape Ruby is die perfekte plaasvervanger vir ’n gewone droë rooiwyn as dit by kook kom. Gooi dit gerus by jou bredies, lamskenkels en potjiekos of gebruik dit selfs vir ’n heerlike sous – sampioensous of selfs ’n soet opsie soos sjokoladesous. Die portsstylwyn het ’n lekker soet smaak en hoër alkoholinhoud wat dit perfek maak vir die sagmaak van vleisgeregte of selfs in sjokoladesous by poedings.
Die De Krans Cape Vintage proe uitstekend saam met sjokoladegeregte soos ’n bruintjie (brownie), sjokoladefondant of selfs ’n biefstuk met ’n sampioensous.
Met ’n geurprofiel van koffie, karamel, gedroogde lemoenskil en neute, is hierdie verouderde portstyl wyn, die De Krans Cape Tawny, perfek saam met sout geregte (dink pampoensop en gebakte camembert met roosmaryn en heuning) sowel as nagereg (dink malvapoeding, lemoenkoek of crème brûlée). Die opsies is eindeloos en heerlik.
Om die aand af te sluit, geniet ’n glas van die De Krans vlagskip-portstylwyn, die Cape Vintage Reserve, op sy eie of saam met beleë kaas.

De Krans Cape Pink, Cape Vintage, Premium Cape Ruby, Cape Tawny en Cape Vintage Reserve.
Geniet die De Krans se portstylwynreeks hierdie winter deur te eksperimenteer met verskillende geurkombinasies, en natuurlik terwyl jy in goeie geselskap is. Ons bederf graag twee lesers wat elk ’n kans staan om ’n gemengde kissie De Krans-portstylwyne te wen, tot die waarde van R1 200. Slegs vir persone 18 jaar en ouer met ’n geldige Suid-Afrikaanse afleweringsadres. Bepalings en voorwaardes geld.
Die De Krans-portstylwynreeks is beskikbaar by uitgesoekte drankwinkels sowel as ons aanlyn winkel by dekrans.co.za. Vir meer inligting, kontak ons by 044 213 3314 of admin@dekrans.co.za.
Bepalings en voorwaardes: Alle pryse in rooi rose is onderhewig aan beskikbaarheid en is nie oordraagbaar, herverkoopbaar of terugbetaalbaar vir kontant nie. Vir nog bepalings en voorwaardes, besoek www.rooirose.co.za
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
Sluitingsdatum: 7 Julie 2026
Lees ook: WEN ’n Winterwelstandsgeskenkpak van The Harvest Market ter waarde van tot R3 000
