Deur rooi rose
Hare wat sterk en gesond is, begin by ’n gesonde kopvel. ’n Afskilfering is elke nou en dan voordelig om jou kopvel skoon te maak van droë vel, olie en produkte wat opbou. Die produkte wat jy gebruik, kan ook ’n natuurlike afskilferingsproses begin (soos wat glikolsuur vir ons gesigte doen).
Wees dus op die uitkyk na bestanddele soos aalwyn, salisielsuur, gemmer, appelasyn en bentonietklei. Gee jou kopvel ’n goeie skrop met ’n produk met suiker of sout as die afskilferingsmiddel.
Diegene wat haarverlies begin ervaar, kan ook by produkte baat vind wat die kopvel teiken. Bestanddele soos teeboom- en roosmarynolie is voordelig vir ’n tuisbehandeling wanneer dit met ’n draerolie (soos hennep- of druiwepitolie) gemeng word. Hierdie essensiële olies is albei anti-inflammatories, strelend en verbeter sirkulasie. Dus is dit ook ideaal vir diegene met skilfers.
Lees ook: Winterwenke vir jou hare: Pas jou roetine aan
