Deur rooi rose
- Snoei rose teen einde Julie of begin Augustus en behandel die oop lote om dit teen insekte en fungus te beskerm. Gee die plante roosvoeding, vul die deklaag om die plante aan en gee dit weekliks soggens water.
- Beskerm jonger plante teen ryp.
- Maak die tuin vroegoggend nat om die grond kans te gee om uit te droog voor dit donker en koud word.
- Plant winterblomme vir kleur. Pluk gereeld van die blomme en knyp die dooie blomme af sodat dit langer blom.
- Maak winter- en lentebolle gereeld nat.
- Trek bossies uit.
- Doen nou dinge waarvoor jy nie altyd tyd het nie, soos om jou tuingereedskap reg en skerp te maak, paadjies uit te lê of ’n spesiale hoekie in te rig.
Lees ook: Plante wat selfs beginners aan die groei kan kry
