Bring ’n voorsmakie van die Kaapse Wynland na jou tafel met Tokara se Director’s-geskenkboks – ’n keurige viering van goeie wyn, bekroonde olyfprodukte en die kuns van saamkuier.
Tokara is geleë teen die hange van Simonsberg, net buite Stellenbosch. Dié wyn- en olyflandgoed wat in familie besit is, is bekend vir sy uitsonderlike wyne, indrukwekkende kunsversameling, pragtige tuine en koservarings. Hier kom vakmanskap en natuur bymekaar in produkte wat die unieke karakter van die landgoed weerspieël.
Twee gelukkige rooi rose-lesers kan elk ’n Tokara Director’s-geskenkboks wen. Elke boks bevat Tokara Director’s Reserve Red en Director’s Reserve White, asook die landgoed se Premium Extra Virgin Olive Oil, Kalamata-olywe en geurige olyfpasta.

Elke boks bevat Tokara Director’s Reserve Red en Director’s Reserve White, asook die landgoed se Premium Extra Virgin Olive Oil, Kalamata-olywe en geurige olyfpasta. Foto: Tokara
Die twee vlagskipwyne is ’n besonderse toevoeging tot ’n etenstafel, terwyl die olyfprodukte ideaal is vir onthaalborde, vars brood, slaaie of ’n rustige middagete saam met jou gunstelingmense. Alles is elegant verpak, wat die boks net so geskik maak vir ’n spesiale viering as vir ’n luukse bederf tuis.
Dit is die soort prys wat vra om stadig geniet te word: maak die wyn oop, pak ’n tafel en deel die geure met familie of vriende. Van die glas tot die olyf, vertel elke element iets van Tokara se liefde vir gehalte.
Wil jy een van hierdie twee geskenkbokse wen? Skryf nou in en bring die smaak van Tokara huis toe.
Om in te skryf, voltooi die onderstaande vorm:
*Slegs een inskrywing per persoon
**Deelnemers moet 18 jaar of ouer wees. Ontdek meer oor Tokara en die Director’s-geskenkboks by www.tokara.com.
Sluitingsdatum: 25 September 2026
Lees ook: Semi-Soet is gesinsvermaak wat soet op die sak sal val + WEN dubbelkaartjies
