1 Voorverhit die oond tot 160 °C. Voer ’n ronde 23 cm-koekpan met bakpapier uit en smeer met botter.Peerkoek met heuningsous
Ingredients
Instructions
2 Prut die pere, heuning en suurlemoensap vir 5 min. in ’n klein kastrolletjie. Dreineer maar hou die stroop tot later en laat effens afkoel.
3 Room die botter en suiker saam in ’n groot mengbak tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en meng goed.
4 Sif die koekmeel, bakpoeier, sout, kaneel en neut by die bottermengsel en meng deur. Meng laastens die melk by.
5 Gooi die mengsel in die koekpan en pak die peerskyfies netjies bo-op. Bak vir 50 min. of tot ’n toetspen skoon uitkom.
6 Verhit die peerstroop weer effens en gooi oor die koek sodra dit uit die oond kom. Sit warm voor met skeppies dubbeldikroom.