Bestanddele
Kors
- 1 pakkie Tennisbeskuitjies, fyn gekrummel
- 30 ml botter, gesmelt
Vulsel
- 60 ml suurlemoensap
- 1 x 385 g-blikkie kondensmelk
- 1 x 250 g-houer gewone, gladde maaskaas
- 250 ml room, styf geklop
- 15 ml gelatien, opgelos in ’n halwe koppie kookwater
Bolaag
- 1 x 410 g-blikkie ingemaakte appelkoos-helftes
- 1 x 80 g-pakkie perskejellie
Metode
- Kors: Meng die koekiekrummels en botter en druk in ’n gesmeerde 27 cm- tertbord. Hou in die yskas.
- Vulsel: Roer die suurlemoensap in die kondensmelk, voeg die maaskaas by en vou die room by, meng goed.
- Smelt die gelatien vir 30 sek. op die ontvriesstelling in die mikrogolf.
- Roer die gesmelte gelatien by die roommengsel in en skep in die kors.
- Laat stol vir sowat 1 uur in die yskas.
- Bolaag: 6 Maak intussen die jellie aan met 1 koppie kookwater en voeg die sap van die appelkose by.
- Sodra die tert gestol het, pak die appelkose bo-op met die ronde kante na bo.
- Skep van die jelliemengsel oor die appelkose – soveel as wat die tertbord kan neem.
- Laat verder stol.

