Maak 30 koekies.
Bestanddele
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 80 ml (1⁄3 k) kakao
- 3 ml (½ t) bakpoeier
- knypie sout
- 250 ml (1 k) sagte botter
- 125 ml (½ k) suiker
- 1 eier
- 5 ml (1 t) vanieljegeursel
- 150 g (1½ blok) donkersjokolade, fyn gekap
- 125 ml (½ k) gevlokte amandels, fyn gekap
- Versiersuiker om oor te strooi
Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met silikoon- of bakpapier uit.
- Sif die koekmeel, kakao, bakpoeier en sout saam in ’n groot mengbak.
- Room die botter en suiker saam tot lig en donsig. Voeg die eier en vanielje by en meng goed.
- Meng die meel by die eiermengsel. Meng dan die sjokolade en amandels by. Bedek die deeg met kleefplastiek en sit vir 30 min. in die yskas.
- Rol die deeg in eetlepelgrootte balletjies en pak 1 cm uit mekaar op die bakplaat. Druk effens platter en sif versiersuiker oor.
- Bak vir 10-12 min. tot gaar en die bokante effens kraak. Draai die bakplaat ná 6 min. sodat die koekies eweredig bak. Laat eers effens afkoel op die bakplaat en tel dan op afkoelrakkies oor. Laat heeltemal afkoel.
- Sif weer versiersuiker oor.

