Genoeg vir 6-8.
Bestanddele
- groot hand vol vars basiliekruidblare
- 4 perskes of nektariens, in kwarte gesny
- 500 g kersietamaties, middeldeur gesny
- 200 g bocconcini-mozzarella
- 100 g dennepitte of gevlokte amandels, gerooster
- sout
- 30 ml (2 e) olyfolie en 45 ml (3 e) balsemiekasyn
Metode
- Pak die basilieblare, perskes, kersietamaties en bocconcini in ’n kransvorm op ’n mooi dienbord uit.
- Strooi die dennepitte oor, geur met sout, sprinkel die olyfolie en asyn oor en sit voor.

