Begin reeds die vorige dag met die roomyskoek.
Genoeg vir 10-12
Bestanddele
- 1 x 360 g-blikkie karamel
- 750 ml (3 k) room
- 15 ml (1 e) vanieljegeursel
- 300 g x 70% donkersjokolade, ruweg gekap
- 200 g swartbessies (bevrore of vars)
- 100 g pekanneute, liggies gerooster en ruweg gekap
- 200 g Romany Creams met sjokoladevulsel, fyn gemaal
Metode
- Spuit ’n jellievorm of Bundt-koekpan met ’n deursnee van 25 cm met kleefwerende kossproei.
- Meng die karamel, room en vanieljegeursel in ’n groot mengbak. Klits met ’n elektriese klitser tot lig en donsig.
- Verdeel die roomysmengsel eweredig tussen 3 verskillende mengbakke.
- Smelt die sjokolade vir 1 min. op die ontvriesstelling van die mikrogolfoond. Roer die sjokolade deur en smelt vir nog 30 sek. op ’n slag tot dit heeltemal gesmelt is – roer ná elke 30 sek. Vou slegs 200 g van die gesmelte sjokolade by een van die mengsels in. Hou die res eenkant. Vul die voorbereide pan met die sjokoladeroomys. Sit in die vrieskas vir 30 min.
- Verwerk die swartbessies in ’n voedselverwerker tot glad en vou die swartbessies by een van die laaste twee mengsels in. Gooi die swartbessieroomys bo-op die sjokoladeroomys en sit vir nog 30 min. in die vrieskas.
- Meng die pekanneute deur die oorblywende roomys en vul die pan met die pekanneut-roomys. Sit in die vrieskas vir 30 min.
- Meng die Romany Creams en oorblywende sjokolade en druk die kors met die agterkant van ’n lepel liggies bo-op die karamelmengsel vas.
- Sit die roomyskoek oornag in die vrieskas, laat dit vries en haal eers 10-15 min. voor die uitkeerslag uit die vrieskas. Sit voor met ekstra bessies en vars kruisement.
christmasKersfeesice creamsomerdessertreseptecakesjokoladechocolatekaramelcaramelkoeknutsroomysberriesneutebakingbessiessummerrecipes

