Bestanddele
Aartappeldeeg
- 125 ml (½ k) sagte botter
- 250 g (sowat 2 middelslag-) gaar aartappels, fyn gedruk
- 500 ml (2 k) koekmeel
- 1 eiergeel, geklop
- knypie sout
- 10 ml (2 t) bakpoeier
Gekaramelliseerde uie
- 45 ml (3 e) botter
- 3 uie, oorlangs in dik skywe gesny
- hand vol tiemieblare
- sout en gemaalde swartpeper
Vulsel
- 2 hande vol babaspinasie
- 6 middelslagaartappels, halfgaar gekook met skil en papierdun gesny
- 300 g mozzarella, papierdun gesny
- hand vol roketblare
Metode
Voorverhit die oond tot 200 ºC. Spuit ‘n 23 cm x 33 cm-bakplaat met kleefwerende kossproei.
- Aartappeldeeg: Meng die botter, aartappels, koekmeel, eier, sout en bakpoeier. Knie die deeg op ‘n meelbestrooide werkvlak tot dit bymekaar kom. Bedek en sit vir 30 min. in die yskas.
- Gekaramelliseerde uie: Smelt die botter in ‘n pan oor matige hitte, voeg die uie by en braai tot gekaramelliseer.
- Druk die deeg in die bakplaat uit. Strooi die babaspinasieblare bo-oor.
- Vulsel: Pak rye aartappelskyfies en mozzarella wat oorvleuel op die spinasie. Herhaal tot die hele tert bedek is.
- Versprei die gekaramelliseerde uie bo-oor en bak vir 30-40 min. tot goudkleurig en gaar.
- Sit voor met roketblare bo-op.

