ABSA Cape Epic 2014: Been 4

Donderdag 27 Maart, Been 4, Sirkelroete van Greyton tot weer terug na begin.
88 km, 1850 klim

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Donderdag se roete was aansienlik korter as die vorige dag, maar die klim is meer. Hierdie is bergfietshemel en plaaspaaie word afgewissel met kronkelrige en klipperige “single track”. ’n Hoogtepunt van die dag was die besoek aan Genadendal, die eerste sendingstasie in Suid-Afrika. Dan is dit tyd vir kort en harde heuwels met asembenewende afdraandes tussen in.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Vandag is die eerste keer dat ’n Suid-Afrikaner in die hoofkategorie, sedert Burry Stander se algehele oorwinning in 2012, weer op die podium staan toe onse Philip Buys en Switserse spanmaat, Nino Schurter, been 4 wen. Philip Buys, jy maak ons trots. 🙂 (sien uitslae onder).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ongelukkig moes Cherise Stander (oorlede Burry Stander se vrou), wat gister saam met spanmaat Theo Blignaut die gemengde afdeling gewen het, na 30 km uit die wedren onttrek weens asemhalingsprobleme ná ’n asma-aanval. Haar spanmaat, Theo, mag nou die wedren verder op sy eie voltooi, maar sal nie amptelik kan klaarmaak nie.

*Spanne bestaan uit twee lede en mag nooit verder as 2 minute uitmekaar wees nie. Daar is tydsensors op die roete en ’n span word gestraf met ’n ekstra uur as dit gebeur. As dit drie keer gebeur, word jou span gediskwalifiseer. As jou spanmaat uitval, kan jy aangaan, maar jy sal nie ’n amptelike “finisher” wees nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wenners van been 4:
Mans : Nino Schurter , Philip Buys, Tyd: 3:46.04,9, span: SCOTT-Odlo MTB Racing
Vroue: Ariane Kleinhans, Annika Langvad, Tyd: 4:13.08,4, Span: RECM 2
Gemengde span: Yannick Lincoln, Aurelie Halbwachs, Tyd: 4:32.09,2, Span: Synergy

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

3 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

3 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.