Foto’s: Hendri Skoll Photography
Die sesde Aitsa-musiektoekennings is Woensdagaand, 5 November 2025, in glans en styl gevier, waar van die grootste name in Afrikaanse musiek vereer is. Die toekennings was ook op 6 November om 19:30 op Via (DStv-kanaal 147) uitgesaai.
Anton Goosen, die legendariese “liedjieboer”, is deur die Aitsa Afrikaanse Musiektoekenningstrust met ’n spesiale toekenning vir sy lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek vereer, ’n huldeblyk aan sy meer as 50 jaar lange loopbaan.

Demi Lee Moore se Klein Dingetjies is aangewys as Album van die jaar, terwyl Laurika Rauch se Huis die toekenning vir Ballade van die jaar en Liedjieskrywer van die jaar vir Marco van Deventer en Georic Lomas ingepalm het. Ander groot wenners sluit in: Kurt Darren (Popliedjie van die jaar met Hop Hop Spinnekop), Early B (Kletsrymliedjie van die jaar) en Chris Steyn (Afrikaanse liedjie van die jaar met Plaas dorp toe).
Révan Luüs het as projekbestuurder saam met Reynardt Hugo, Christian Wolf en Desiré Gardner die produksie aangebied, wat vanjaar twee nuwe kategorieë ingesluit het – Sokkieliedjie van die jaar en Klankbaan vir ’n film of TV-produksie – ter viering van Afrikaans se 100ste jaar as amptelike taal in Suid-Afrika.
Die wenners in die onderskeie kategorieë is:

- Album van die jaar – Demi Lee Moore met Klein Dingetjies

- Alternatiewe/Rockliedjie van die jaar – Janie Bay & Hunter Kennedy met Ons Verander
- Ballade van die jaar – Laurika Rauch met Huis

- Geestelike liedjie van die jaar – Bernice West met Die herlewing is hier

- Klankbaan vir ‘n film of TV-produksie – Franco Prinsloo vir Nêrens Noord-Kaap Deel 2

- Klassieke/Instrumentale snit van die jaar – Rocco de Villiers met Vanuit my bakkie

- Kletsrymliedjie van die jaar – Early B met Madoda

- Kontemporêre liedjie van die jaar – Karlien van Jaarsveld en Dodo Nyoka met Ek verstaan

- Liedjieskrywer van die jaar – Marco van Deventer en Georic Lomas vir Huis, gesing deur Laurika Rauch

- Musiekvideo van die jaar – Gerduan Kemp en Coleske Artists vir Katrientjie Katryn, gesing deur Karlien van Jaarsveld

- Nuweling van die jaar – Sonder Onderbroeke

- Popliedjie van die jaar – Kurt Darren met Hop Hop Spinnekop
- Meeste stromings: Manlik – Kurt Darren met Hop Hop Spinnekop

- Meeste stromings: Vroulik – Tamlyn Wessels met Klein Bietjie
- Meeste stromings: Duo/Groep – Demi Lee Moore ft Eloff met As ek dalk

- Vervaardiger van die jaar – Juan “Floors” Oosthuizen en Paulo Azevedo vir Huis, gesing deur Laurika Rauch
- Sokkieliedjie van die jaar – Brendan Peyper met Kyk

- Afrikaanse liedjie van die jaar – Chris Steyn met Plaas dorp toe
Lees ook: Aitsa-musiektoekennings vereer Anton Goosen vir lewenslange bydrae tot Afrikaanse musiek

