kategorieë: KalenderOntspanning

Afrique Mon Désir by Woordfees en KKNK 2018

Laurinda Hofmeyr en Schalk Joubert ontdek, saam met ’n wêreldklas-ensemble bestaande uit Wes-Afrikaanse sangers en musikante, ’n skatkis van Afrika-poësie vanuit Franssprekende lande soos Madagaskar, die Ivoorkus, Kameroen, Mauritanië, en Tsjaad, asook terug op eie bodem in die werke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Eugene Marais. Hierdie literêre fees word gekombineer met Afrika-geïnspireerde melodieë om ’n energieke, multi-media produksie, Afrique Mon Désir, voort te bring. Laurinda Hofmeyr het die toonsettings behartig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Lees ook ons onderhoud met Laurinda Hofmeyr hier

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Meesleurende animasies deur die gevierde Suid-Afrikaanse kunstenaar, Diek Grobler, vergesel die musiekuitvoering om dit ’n unieke, sensoriese oudio-visuele ervaring te maak. In hierdie veeltalige produksie word Frans en Afrikaans, asook Lingala, Swahili, Tshiluba en Kikongo gehoor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Afrique mon désir ondersoek temas van verplasing en verlange, asook ’n diep gedeelde konneksie tussen die Afrika-kontinent en sy bewoners.

Hierdie produksie sal, na afloop van die opvoerings by die Woordfees en KKNK, ’n oorsese toer meemaak waar dit in Frankryk, Nederland en België aangebied sal word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Foto verskaf

Verdere inligting

Naam van die produksie: Afrika My Verlange / Afrique Mon Désir

Regie: David Kramer

Musikante: Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Kevin Gibson, Malako Wekuna Soba, Yamamoto Bonkuta Loyeke, Kayembe Ilunga, Deodata (Dea) Kingzunga-Walo, Dylan Roman.

Animasie: Diek Grobler

Aangebied deur die Cape Town Music Academy (CTMA), ’n nie-vir-profyt maatskappy (NPC) wat daarna streef om geleenthede te ontwikkel vir plaaslike gevestigde en opkomende musikante en kunstenaars in die Wes-Kaap.

Stellenbosch Woordfees 2018:

Datums en tye:

Woensdag, 7 Maart om 20h30
Sondag, 11 Maart om 16h00
Bespreek by Computicket

KKNK Oudtshoorn 2018:

Datums en tye:

Maandag, 2 April om 18h00
Dinsdag, 3 April om 14h00
Bespreek by Computicket

Afrique Mon Désir album is beskikbaar aanlyn, en dit word ook vanaf Maart 2018 internasionaal deur die Franse maatskappy In Ouïe Distribution versprei.

Kry ’n voorsmakie van die produksie hier en hier.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.