kategorieë: KalenderOntspanning

Afrique Mon Désir toer in Frankryk Junie 2018

Foto’s: verskaf.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die Afrique Mon Désir/ Afrika My Verlange-vertoning toer vandeesmaand deur Frankryk. Afrika my verlange / Afrique mon désir is ’n 90minuut-lange multimedia wêreldmusiekproduksie met David Kramer as regisseur, en met musikante Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert (wat ook die musiekregie behartig)en Dylan Romano. Talentvolle gaskunstenaars in Frankryk sal saam op die verhoog wees vir die vertonings tydens die toer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ons onderhoud met Laurinda Hofmeyr

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die konsertreeks in Frankryk open op 15 Junie 2018 by die New Morning-teater in Parys (15 Junie 2018). Daar is ook vertonings in Chasseneuil-du-Poitou (20 Junie 2018), Cenon (Bordeaux) en Ruelle sur Touvre (29 Junie 2018).

Vriende en familie in Frankryk wat graag die produksie wil sien kan bespreek by die volgende skakels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

https://www.weezevent.com/laurinda-hofmeyr-afrique-mon-desir-ensemble

https://www.weezevent.com/laurinda-hofmeyr-afrique-mon-desir-ensemble-tournee-2018-en-france

https://www.weezevent.com/laurinda-hofmeyr-afrique-mon-desir-ensemble-ruelle-sur-touvre

Meer oor Afrique mon désir

Die produksie is ’n vertoning van toonsettings van ’n skatkis van Afrika-poësie vanuit Franssprekende lande soos Madagaskar, Ivoorkus, Kameroen, Mauritanië, en Tsjaad, asook terug op eie bodem in die werke van Breyten Breytenbach, Antjie Krog en Eugene Marais. Afrique mon désir ondersoek temas van verplasing en verlange, asook ’n diep gedeelde konneksie tussen die Afrika kontinent en sy bewoners.

Klik hier om meer uit te vind oor Afrique mon désir.

Dié ensemble bestaan uit Laurinda Hofmeyr, Schalk Joubert, Dylan Romano en gaskunstenaars in Frankryk: Die wêreldbekende trekklavierspeler Daniel Mille, met Jaja Junior, Nzelo Ladau Paulin, NicoleAdjabe Barbare en Chris Bakalanga. Die regie word behartig deur David Kramer en die musiekregisseur is Schalk Joubert. Die vertoning loop gepaard met animasies deur Diek Grobler met beelde deur David Kramer.

Daar is ook opnames gemaak van hierdie produksie. Jy kan daarna luister op itunes en jy kan die album hier bestel (as jy in die buiteland woon) en hier as jy in Suid-Afrika woonagtig is.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

3 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.