kategorieë: Video'sOntspanning

“Ag, man! Hy verstaan mos nie Afrikaans nie”: Video

“Ag, man! Hy verstaan mos nie Afrikaans nie”: Video – Deur Zoë Salzwedel. Hooffoto: Pixabay

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ek is seker almal van ons het al in die verlede onsself goed in die verleentheid gestel deurdat ons iets gesê het terwyl ons gedink het dat die mense rondom ons nie Afrikaans verstaan nie, net om twee minute later uit te vind dat hulle wel die taal verstaan en boonop kan praat …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

via GIPHY

Miskien wou jy – net soos die twee dames in dié Afrikaanse advertensie – net ʼn klein bietjie skinder oor die mense rondom jou. Dalk selfs kommentaar lewer oor iemand se klerestyl of voorkoms, net om later te besef dat hulle alles verstaan. Dalk woon jy in die buiteland en het vergeet dat daar ook ander Suid-Afrikaners rondom jou kan wees wat wel die taal verstaan … Maar moenie te sleg voel nie, selfs ons gunstelingaktrise Charlize Theron het al só iets oorgekom.

Lees ook: Margaret Gardiner gesels met Charlize Theron

Dis presies waarom die advertensie mense aan die giggel het en die video in twee weke meer as 458 000 kyke op Facebook gekry het, want ons kan onsself daarmee vereenselwig. In die advertensie sien ons twee Suid-Afrikaanse vroue wat vakansie hou in Griekeland. Hulle sit lekker langs die swembad en kuier, drink cocktails en tan in die warm son – dit alles terwyl hulle te lekker skinder oor die mooi bruingebrande spiertier wat ook in die omgewing is.

Die twee hou nie terug nie, en uiteindelik sê die een vrou dat hulle dalk sagter moet praat voordat hy hulle dalk hoor, waarop die ander een toe reageer “Ag, man! Hy verstaan mos nie Afrikaans nie.”

Dis tóé dat die mooi man hulle in Afrikaans groet, sy goed vat, omdraai en wegloop.

via GIPHY

Kyk hier na die advertensie:

Dié advertensie kom kort op die hakke van die nuus dat vir Afrikaans as die tweede sexyste aksent in die wêreld gestem is.

Dít mag dalk vir baie van ons Suid-Afrikaners ’n verassing wees, maar glo dit of nie, daar is bepaal dat deur hope mense van regoor die wêreld op Big Seven Travel se jongste meningspeiling “Top 50 Sexiest Accents in The World” vir die Afrikaanse aksent as die tweede sexyste aksent ter wêreld gestem het.

1.5 miljoen mense uit 60 lande het aan ’n opname deelgeneem om vir die “sexyste” aksent te stem. Dié opname het bepaal dat Suid-Afrika tweede op die lys geplaas is – selfs bo die veelgeroemde Franse aksent en die pragtige Ierse aksent

via GIPHY

Big Seven Travel, ‘n reiswebwerf met ‘n gehoor van 1,5 miljoen volgelinge bied inligting oor alles rondom reis: reis-aanbevelings, vakansie-inspirasie en reistendense. In 2017 het Afrikaans die eerste plek as die sexyste aksent ter wêreld ingeneem, nadat ’n ander reiswebwerf, Lovin.IE, wat in Ierland gebaseer is, sý ranglys van die wêreld se sexyste aksente gedeel het.

Big Seven Travel het op hulle webwerf verduidelik dat Afrikaans die tweede plek inneem omdat dit as ’n gewilde en geliefde taal beskou word.

“Afrikaans is ‘n baie gewilde aksent vir baie mense regoor die wêreld, te danke aan hul unieke kleure en Saffa-slang.”

Top 10 Sexyste Aksente 2019:

  1. Kiwi (Nieu-Seeland)
  2. Suid-Afrikaans
  3. Iers
  4. Italiaans
  5. Australies
  6. Skots
  7. Frans
  8. Spaans
  9. Suid-VSA (die Texan-aksent)
  10. Brasiliaanse Portugees

Die aksent wat die eerste plek op die ranglys behaal het, was die Kiwi-aksent uit Nieu-Seeland. Aan die ander kant van die spektrum het die Kroatiese aksent die 50ste plek gekry, en word as die “ongewildste Slawiese aksent” beskou.

Vir nog oulike videos, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Zoe Salzwedel

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.