Agter die skerms by ons April-modefotosessie

Teks en Hooffoto: Bea Lingenfelder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Groot oorringe is groot nuus in die modewêreld, veral die kandelaar- en hoepelstyle. Hoewel groter deesdae as beter beskou word, raai ons jou aan om seker te maak jy kies ’n grootte wat by jou nek en gesiggrootte pas. Langer oorringe kan jou nek mooi slank laat lyk, maar sodra dit té groot vir jou proporsies is, kan dit die teenoorgestelde effek hê. Maak seker jou oorring skuur net so liggies bo-oor jou skouer, sodat dit steeds maklik en vrylik beweeg as jy jou kop draai. Net daardie bietjie beweging skep die illusie van ’n lang, verslankende nek. As jy eerder ’n korter styl soek, maak seker jou oorringe eindig dan parallel met die punt van jou ken. As jy baadjies of kraaghemde dra, maak seker jou oorringe verdwyn nie tussen die voue nie of oorweeg eerder ’n halssnoer as jou fokusitem.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Halssnoere word ook met oud en nuut gekombineer. Laag op laag word gedra met ’n fyner ketting bo en ’n groter, bonkiger en meer moderne styl na onder. Moet egter nie te veel lae dra nie – twee of drie is genoeg. ’n Langer halssnoer skep die illusie van ’n langer bolyf – kies dus een wat net bo jou naeltjie eindig om te verhoed dat jou bolyf in twee gedeel word. Let ook op na die bloes wat jy dra – As jy ’n v-nek hals het, kies ’n halssnoer wat saam met die v-nek hang, een met ’n hangertjie aan die onderpunt.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Kry gerus die April 2018-uitgawe van rooi rose vir nog wenke rakende die bonkig-en-besonderse-style.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Agter-die-skerms-foto’s

Fotograaf: Niquita Bento

Hare en grimering: Cheryl Parker van Supernova

Model: Kayla Hansen van Boss Models

Moderedakteur: Susra Matthee

Agter-die-skerms-foto’s: Bea Lingenfelder

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

23 hours Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Gure voorspellings vir ‘Suidooster’ – en die Kaapse Dokter speel met niemand nie!

  Soos die Kaapse winter begin toesak op Ruiterbosch lyk dit of dinge wel warm…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.