Hierdie versoek is gerig nádat Birkin bewus geword het van die wrede manier waarop hierdie befaamde handsak gemaak word.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Die verkoopprys van ’n gewone Birkin-handsak beloop sowat $10,000, waar ’n krokodilvel-weergawe jou ongeveer $300,000 uit die sak sal jaag. Hoewel bekendes gek is na hierdie duursame bykomstigheid, het dit tog groot opslae onder diereregte-aktiviste gemaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Die diereregte-groep, Peta, het onlangs die omstandighede waaronder krokodille in Zimbabwiese- en Texan-krokodilplase aangehou word, onthul. Hulle het ook die wrede manier waarop hierdie krokodille doodgemaak word tot die lig gebring.
Volgens Peta word twee tot drie krokodille benodig om een Birkin-handsak te vervaardig.
Na aanleiding van hierdie bevindinge het Birkin ’n verklaring vrygestel waarin sy haarself van die handsak onttrek.
“Nádat ek van die wrede praktyke waarin krokodille vir die doel van my handsakke doodgemaak word, in kennis gestel is, het ek vir Hermès gevra om die vervaardiging van die Birkin Croco te staak tot praktyke wat in ooreenstemming met internasionale norme is in plek gestel word,” het Birkin gesê.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.