kategorieë: Bekendes

Alex McGregor: Kaapse model met ’n blink toekoms

Alex is die ewe sexy niggie van die modelsussies, Kerry en Tracy McGregor. Sy het onlangs die hoofrol in die Amerikaanse teliviesiereeks Searchers losgeslaan waarin sy die rol van Fable Brooks teenoor Cooper Brooks (wat deur Zane Holtz vertolk word) gaan speel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Meer oor die reeks

Fable en Cooper se ouers is vroeg oorlede. Nou, tien jaar na hul  dood, gaan die broer en suster op ’n reis om die waarheid agter hul ouers se raaiselagtige verdwyning uit te vind. Dit is juis dan wanneer hulle groot legendes, mites en onverklaarbare raaisels van die wêreld ontdek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die dramareeks, Searchers, word in Suid-Afrika verfilm en die voorbereiding daarvoor het reeds begin.

McGregor is nie onbekend op die grootskerm nie! Sy het al teenoor Elle Fanning in die 2014-rolprent Young Ones gespeel, sy was te sien in die Bybelse dramareeks Of Kings And Prophets en ons kan haar ook binnekort in die dramareeks Blood Drive dophou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Sy speel ook teenoor Matthew McConaughey en Idris Elba in ’n rolprent wat gegrond is op Stephen King se The Dark Tower wat binnekort uitgereik word.

Op Instagram is dit duidelik dat McGregor baie gewild is. Sy het reeds meer as 23 000 volgelinge en deel alledaagse dinge met haar aanhangers. Van luilekker foto’s op die strand en ’n kykie agter die skerms tot foto’s waar sy aan ’n smullekker burger eet en lang ure in die gimnasium deurbring.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

51 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.