kategorieë: Leef gesondGesondheid

Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig?

Allergiemedisyne: Is die langtermyn gebruik van antihistamiene veilig? deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

So baie van ons is allergies en is permanent op allergiemedisyne. Is ons veilig op medikasie, vra lesers. As jy dieselfde vrae het lees verder. Ons het prof. Claudia Gray, allergiespesialis en pediater van die Rooikruis- en Vincent Palotti-hospitale gevra om met antwoorde te help.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lees ook: Word jou allergiese reaksie veroorsaak deur ’n seekos-allergie, vis-parasiete of histamiene?

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Is antihistamiene as allergiemedisyne veilig vir langtermyn gebruik?

rooi rose-leser Christa Strydom Louw vra
Ek moet soms tot drie keer per dag antihistamiene gebruik. Kan dit skadelik wees? Kan ek my immuniteit op ander maniere versterk sodat ek nie meer so hipersensitief is nie en minder erg reageer?

Prof. Claudia Gray antwoord
Die nuwe generasie antihistamiene is oor die algemeen baie veilig, selfs teen twee tot drie keer die aanbevole daaglikse dosis, solank jy nie onderliggende nier- of lewerkwaal het nie.

Maar ek is tog bekommerd oor die feit dat jy so dikwels antihistamiene benodig. Dit dui daarop dat jou onderliggende allergiese toestand nie goed onder beheer is nie.

Die beste opsie vir jou is om ’n allergiespesialis te spreek, om uit te vind presies waarvoor jy allergies is. Hy sal jou help om dan die beste behandelingsplan spesifiek vir jou op te stel.

Oor die versterking van die immuunstelsel: dit word in ’n mate verkeerd verstaan. Geen aanvuller kan die korrekte medikasie vir ’n allergie vervang nie. ’n Gesonde leefstyl help egter baie om ’n allergie beter te beheer. Daarom help ’n gesonde dieet wat ryk is aan anti-oksidante. Beperk ook kitskosse. Slaap genoeg dat jou liggaam genoeg ruskans en herstelkans kry. En vermy jou allergiesnellers sover as wat moontlik is.

Lees ook: Berg jou medisyne reg: 5 dinge wat almal moet weet

Hoekom maak allergiemedisyne mens so vaak?

rooi rose-leser Erika Botha vra
Hoekom maak allergie-medikasie mens so vaak?

Prof. Claudia Gray antwoord
Veral die ouer generasie antihistamiene is sederend – met ander woorde hulle is geneig om mense vaak te maak. Die meeste van die nuwer soorte antihistamiene veroorsaak nie vaakheid nie. Maar gesels met jou dokter oor die beste keuse van antihistamien vir jou.

Onthou ook dat sekere mense meer geneig is om vaak te raak van hierdie medikasies. Daarom is dit belangrik dat veral mense met breinsensitiwiteite, bejaardes, kinders en mense met lewer- of nierkwale met hul dokter gesels, sodat hulle die geskikste medikasie vir hulle spesifiek kies.

Lees ook: Hoekom dit belangrik is om eerlik met jou dokter te wees

Newe-effekte van Singulair as allergiemedisyne

rooi rose-leser Elfriede Kinghorn vra
My seun is al van tien jaar oud af op Singulair. Hy is nou dertig. Hy kan dit nie los nie – hy begin binne ’n dag met asma, en ekseem slaan oral uit. Hy het ’n lae dosis probeer maar het oor ’n periode van twee maande totaal agteruit gegaan, met baie asma-aanvalle en ekseem oraloor. Nadat hy teruggekeer het na sy volle dosis het dit rondom agtien maande geneem voor sy vel weer normaal was. Met ander woorde ek vermoed hy gaan Singulair vir nog 50-70 jaar lank gebruik.

Daarom wil ek meer weet oor die nadele van die Singulair, en hoe ons sulke langtermyn gebruik die beste kan bestuur?

Dit lyk nie of Singulair hom depressief maak nie maar ek merk die afgelope jaar of twee op dat sy hande erg bewe? Hy kla ook dat hy sleg slaap. Wat van vrugbaarheid? Kan Singulair geboorte-afwykings veroorsaak? Enige kankers daaraan gekoppel? Swakker longe of skelet?

Prof. Claudia Gray antwoord
Singulair is een van die groep medisynes (genoem die Montelukast-groep) wat die leuktotriene, ’n verbinding in die liggaam wat deel is van die allergiese reaksie, blokkeer. Dit is baie doeltreffend vir asma (dikwels saam met asmapompies) en allergiese rhinitis (saam met neusspuite). In die reël help dit nie vir ekseem nie.

Die meeste mense verdra Singulair goed, en vir hulle is langtermyngebruik veilig. By ’n klein persentasie mense kan dit egter gedrags-, bui- of slaapstoornisse veroorsaak. Hierdie mense moet liewer gebruik van Singulair staak. Sover ons weet het Singulair geen effek op vrugbaarheid nie. Dit word ook nie op hierdie stadium aan kanker of enige ander toestande gekoppel nie.

As iemand egter op Singulair is en steeds gereeld asma kry, beteken dit dat sy asma nie goed onder beheer is nie. In hierdie geval moet hy daagliks sy voorkomende beheerbehandeling vir asma bly gebruik, soos ’n asmapompie of soms ’n montelukast soos Singulair.

Lees ook: Toets jouself vir asma

Ekseem en Singulair

Episodes van ekseem op die vel moet oor die algemeen beheer word met anti-inflammatoriese velrome, soos steroïedrome. Jou dokter sal die regte room vir jou aanbeveel, gebaseer op jou ouderdom en waar jou vel aangetas is. Jy moet ook ’n goeie neutrale velvogmiddel vir ’n ekseemvel gebruik.

As jou vel gereeld opvlam moet jy saam met jou dokter uitwerk wat die veiligste en beste strategië is om die aantal episodes te verminder.

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

7 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

1 week Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

1 week Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

1 week Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

1 week Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

1 week Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.