kategorieë: Leef gesondGesondheid

Allergies vir stofmyte? 14 plekke waar hulle in jou huis skuil

Allergies vir stofmyte? 14 plekke waar hulle in jou huis skuil deur Salomé Delport

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Allergieë vir stofmyte

’n Allergie vir huismyt is een van die moeilikste allergieë om onder beheer te kry omdat hulle so alomteenwoordig is. Jy kan die lading van huismyt in jou huis tog baie verminder deur:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
  • die plekke waar huismyt die algemeenste voorkom gereeld skoon te maak of te was
  • die items waarin hul leef gereeld te vervang met nuwes; en
  • sekere dekortitems in jou huis te vervang met items wat minder huismyt trek.

Lees ook: Die bed waarin jy slaap: Hoe om jou matras skoon te maak om stofmyte te verminder

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bronne van huismyt in jou omgewing

Dit is waar hulle in jou huis skuil:

  1. Jou kussing: Ou kussings, kussings met sintetiese vulsels én verekussings is ’n groot bron van huismyte. Vervang hulle minstens elke twee jaar.
  2. n Ou matras: Gebruik ’n matrasskerm en was dit gereeld. ’n Goedkoop opsie is om drie  paslakens oor mekaar oor jou matras te trek. Dit help deels dat minder huismyte in jou matras intrek. Was die paslakens weekliks.
  3. Beddegoed: Jou lakens, kussingslope en duvetoortreksels. Trek jou bed ten minste een keer per week skoon oor – en meer as jy uiters allergies vir huismyt is.
  4. Jou duvet en komberse: Was hulle ook gereeld en vervang hulle elke twee jaar.
  5. Jou klere en jou klerekas: Jy verloor elke oomblik van die dag klein bietjies vel, wat binne-in jou klere agterbly en as kos dien vir huismyte. Was dus alles wat jy dra. Moenie klere wat jy gedra het in jou klerekas terughang nie. Was dit eers.
  6. Was jou seisoensklere: Huismyt bou op in klere wat tot die volgende seisoen gestoor word. Was dit baie goed voor jy dit weer dra.
  7. Gordyne: Was hulle gereeld. Blindings is beter.
  8. Volvloermatte: Teëls, gelamineerde hout en houtvloere is baie beter vir mense met huismytallergie. Los matte moet gereeld goed gestofsuig word.
  9. Jou stofsuier: Maak jou stofsuier se filter en bak na elke gebruik silwerskoon. Anders raak jou stofsuier ’n bron van huismyt.
  10. Die verestoffer: Dit waai net stof en huismyte in die lug op en versprei hulle verder.  Gebruik liewer ’n nat lap om die stof van alle oppervlaktes af te vee.
  11. Jou boekrak: Ou boeke en tydskrifte is stofvergaarders waarin huismyt floreer. Pak jou boekrak gereeld af en stofsuig al die hoekies.
  12. Jou kat en jou hond: Bad hulle weekliks en was hul beddegoed gereeld.
  13. Voëltjies in ’n hok: Maak gereeld die hok skoon.
  14. Huisornamente: Hoe minder hoe beter! Kussinkies, kleedjies en goedjies bied baie blyplek vir huismyte.

Lees ook: Nare bedmaats! Raad vir stofmyte

Lees ook: Stoor jou klere reg

Twee skoonmaakwenke vir stofmyte

Stofsuig

  • Skaf ’n stofsuier met ’n HEPA-filter aan.
  • Hoe meer gereeld jy stofsuig hoe beter.
  • Stofsuig veral die slaapkamer van die allergiese persoon deeglik en gereeld – selfs daagliks.
  • Onthou om die hoekies en vloerlyste met ’n nat lap af te vee.

Waswenk

  • Stofmyte oorleef nie temperature bo 50-60°C nie. As jy wasgoed was om van hulle ontslae te raak kies ’n warm siklus wat die wasgoed by 60°C en warmer was.

Lees ook: Raak so ontslae van miere

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

19 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.