kategorieë: Ontspanning

Die kunste het weer die Klein Karoo laat jol!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die fees is die land se oudste kunstefees in Afrikaans en het elke kunsvorm van musiek, dans, poppespel, toneel tot visuele kuns in lokale, gallerye, skoolsale en die burgersentrum in die dorp gevier.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wie kan dan nou nie lag vir die pittighede wat die “ou” Magda Louw (Desiré Gardner) kwytraak nie.

Die gesoute ondersoekende joernalis, Marianne Thamm, het met haar vertoning, “Vuisvoos, maar nog regop, Suid-Afrika 2024” die politieke landskap met behulp van grafieke en sketse verduidelik.

Vyf kunstenaars is ook tydens die fees vereer: Deon Meyer met die KKNK Afrikaans Onbeperk-prys vir literêre bydrae, Jana Cilliers met die KKNK-prys vir vertolking, Eldon van der Merwe met die KKNK-prys vir Jong Stem, Poem Mooney met die KKNK-prys vir Lewensbydrae tot Kuns en Kultuur en die visuele kunstenaar Colbert Mashile as vanjaar se Feeskunstenaar.

Coenie de Villiers en Deon Meyer het vanjaar hul hand aan ’n volwaardige musiekblyspel gewaag. “Roem: ’n Musiekverhaal” vertel van ’n sanger wat twee dekades gelede gewild was en aan die begin van ’n baie groot loopbaan besluit het om die kalklig te verlaat en terug te gaan Loxton toe om sy pa se motorwerktuigkundige besigheid oor te neem. Sy verlede haal hom egter in en hy moet pa staan vir sy besluite.

Die bekroonde aktrise, Jana Cilliers, het vanjaar teksskryf-debuut op die KKNK-verhoog gemaak in die storie, “Veelhoek” waarin sy oor haar oorlede neem, Barnard Gilliland, skryf. Ludwig Binge het Barnard gespeel en Jana haarself.

Die plekspesifieke toneeltuk, Die swartmerrie met Theo Witbooi en Chantell Phillipus in die hoofrolle, was ’n ware tranetrekker. ’n Man van Oudtshoorn se ma het hom verlaat toe hy nog op laerskool wag en hy wag elke dag vir haar op die stasie. Maar dis meer as 40 jaar gelede en sy vriendin probeer hom vir die hoeveelste keer oorreed om die stasie te verlaat en met sy lewe aan te gaan.

Die Prince Vintcent-gebou was soos gebruiklik weer die kern vir visuele kuns en hier is van Wilma Cruise se reuse kunswerke te sien.

Baron van Reedestraat voor die historiese CP Nel Museum was die feeskern, met stalletjies wat boeke verkoop het; ’n verhoog waar daar daagliks gratis musiek en besprekings gehou is; en in die middel van die straat is die spierwit tent opgeslaan vir die Lucky Pakkie se vertonings. Vier kort vertonings in elke afdeling van Melkbaard, Sagtebaard en Harde Baard wat geskik was van gesinne tot dié wat nie doekies omdraai nie.

Wat sal ’n kuier in die Klein Karoo wees sonder roosterkoek?

Wessel Pretorius se nuutste toneelstuk, “’n Lewe in die dag van ’n vrugtevlieg, ensomeer: Die ongewerwelde-trilogie” waarvan hy ook regisseur en vervaardiger was, het die gehoor vasgenael gehad. Hy en David Viviers – wat sy terugkeer na die verhoog met twee toneelstukke gevier het – het verskeie ongewerweldes en sy maat, gespeel.

In die teaterstuk wat onder “Absurde teater” gelys is, “Incarnations of Sand”, is die aftakeling van een negatiewe mens se verbale mishandeling teen ’n ander, duidelik sigbaar. Twee mense is vasgevang in ’n woestyn van eindelose sand en die kyker is onseker of dit letterlik of figuurlik is.

Antoinette Kellerman skitter in “Die Stoele”, ’n drama waarin sy saam met Chris van Niekerk te sien is, as twee oumense wat alleen op ’n eiland woon en wag om ’n wysheid met die wêreld te deel, daarom moet hulle genoeg stoele uitpak vir almal wat gaan kom luister. Mens is nooit seker wat is waar en wat is verbeelding tussen hulle nie.

In “Patmos” met Tinarie van Wyk Loots en Marlo Minnaar in die hoofrolle, is twee mense vasgevang in omstandighede buite hul beheer: haar man is vermoor en haar seun praat al ’n jaar nie omdat hy op sy pa se lyk afgekom het. Hy is siek en moet vrede maak met sy lyf se verraad. Maar die sterre is hul albei se inspirasie.

Frank Opperman het ’n Fiësta gewen vir sy vertoning in Reünie. Dis 40 jaar nadat die matrieks van Hoërskool Totius terugkeer om te sien hoe die lewe elkeen behandel het: dié vir wie die toekoms blink gewink het en dié wat met een verkeerde besluit hul toekoms verongeluk het. Maar ook vir dié wat slagoffers van bullebakke op skool was, kry die kans om hul skoolmaats te konfronteer.

Elsabe Zietsmann skitter in die solostuk, “Routrip”, ’n teks wat gegrond is op ’n ware verhaal van ’n vrou wat probeer om haar eie lewe te neem, maar deur haar vriend gevind word. Sy gaan op ’n lang padreis om haar besittings uit te deel: vasbeslote om weer te probeer om ’n einde aan alles te maak.

Wie wil nou na ’n jong aktrise van Durbanville wat bevoorreg grootgeword het, se storie luister? Meer mense as wat jy sou glo! Lara Hattingh is in die solostuk, “Byster” te sien en een tragiese gebeurtenis in haar middelklas hoërskoolloopbaan, ontspoor haar drome meer as wat sy kan besef.

Verskeie ou gunstelinge was vanjaar weer terug op die feesverhoë: Anton Goosen, Sonja Herold, Stef Bos, Dozi, Zolani en Nataniël. Hul musiek wat al vir meer as vier dekades deel van die SA musiekbedryf is, het oud en jonk se voete laat saamtik en van nostalgie was daar hope!

Zolani en Dozi se vertoning, “Die kort en die lank” se titel was natuurlik voor die hand liggend, maar hul vertoning allesbehalwe voorspelbaar. Hulle solo- en duetsnitte het vir menige nat oog gesorg in die burgersentrum.

Dozi kom ook al jare met die fees aan en was vanjaar op sy stukke op die verhoog, waar hy persoonlike staaltjies oor sy loopbaan met die gehoor gedeel het.

Anton Goosen en Sonja Herold; wie was eerste beroemd? Hy vir sy lirieke of sy vir haar vertolking van sy treffers soos Jantjie, Hanoverstraat en Kruidjie-roer-my-nie. Hoe dit ookal sy, om hulle saam op die verhoog te sien nadat hulle bykans 40 jaar saam werk, was ’n raar voorreg.

Die tema vir vanjaar se fees was “’n Kuur vir elke kwaal” en dié slagspreuk het in vele vorms te voorskyn gekom. Dat almal beslis “kunsgesond” huis toe vertrek het, gewis.

• As jy nog nie genoeg gehad het van die Klein Karoo nie, of nie die KKNK kon bywoon nie, moenie treur nie. Die Klein Karoo Klassique word van 9 – 11 Augustus op Oudtshoorn gehou. Dis Oudtshoorn se winterfees van klassieke musiek, kuns, boeke, kos en wyn. Meer inligting by https://klassique.co.za/

Lees ook: Lizz Meiring se KKNK-produksie is vars, vurig en vermaaklik-vreemd

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geurige roerbraairys

Hierdie geurige roerbraairys kry die lekkerste dadel-en-sjerrie-hoender by.

54 mins Gelede

Die beste gebruik van herfsblare in jou tuin

Die helder skakerings van oranje, rooi, geel en bruin blare gedurende die herfs is werklik…

3 hours Gelede

Leer jou breipatrone beter verstaan

Ons deel breilesse uit ons argiewe.

20 hours Gelede

Gebruik oogomlyner vir langer wimpers

Nie almal is geseënd met lang wimpers óf weet hoe om vals wimpers aan te…

23 hours Gelede

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.