Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

Allerlekkerste ‘sout’ Paasbolletjies

Foto: Lindy Kriek

Genoeg vir 12 bolletjies

Droë bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }
  • 500 g broodmeel
  • 50 g melkpoeier
  • 10 g (1 sakkie) kitsgis

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Nat bestanddele

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

  • 80 ml (1⁄3 k) esdoringstroop of heuning đ 1 eier
  • 100 g botter
  • 30 ml (2 e) korrelmosterd
  • 200 ml water by kamertemperatuur

Lees ook: RESEP: Paasbolletjiering

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vulsel

Week 100 g gekapte droë vye vir 10 min. in 30 ml brandewyn
1 ui, geskil en oorlangs in dik skywe gesny
30 ml (2 e) botter

200 g beleë (verouderde) cheddar, gerasper
1 x 250 g-pakkie repiesspek, kap 50 g fyn en hou 200 g vir die broodjies
60 ml (1/4 k) esdoringstroop, effens warm gemaak sodat dit maklik smeer

1. Meng al die droë bestanddele in ’n middelslag-mengbak en maak ’n holte in die middel. Meng die nat bestanddele in ’n maatbeker en gooi dit in die holte by die droë bestanddele.
2. Meng goed tot dit ’n werkbare deeg vorm – jy kan dit ook in ’n elektriese menger meng. Laat rys die deeg vir sowat 2 uur tot dubbel die grootte.

3. Braai intussen die uie, geweekte vye en gekapte salieblare in ’n middelslagpan tot sag en karamelkleurig. Skep uit en laat afkoel.

4. Braai die 50 g gekapte spek in dieselfde pan tot bros en goudkleurig en laat afkoel.

5. Druk die geryste deeg met die palm van jou hand af. Gooi die uiemengsel, gebraaide spek en kaas by die deeg en werk dit deur met jou hande met ’n knie-en-vou aksie tot alles eweredig deurgemeng is.

6. Verdeel die deeg in 12 ewe groot bolletjies en pak dit knus langs mekaar op ’n bakplaat. Bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat rys weer tot dubbel die grootte.
7. Verhit intussen die oond tot 200 ̊C. Pak die res van die spekrepies op ’n bakplaat en bak vir 5 min. tot net-net gaar. Haal uit en hou eenkant.
8 Bak die rolletjies vir 20 min. Haal uit en pak die halfgaar
spek in kruise bo-op die broodjies. Smeer die bolletjies met edsdoringstroop en bak vir nog 5-7 min. tot goudkleurig.
9 Haal uit en smeer nog ’n lagie stroop oor sodat die bolletjies mooi blink.

Lees ook: Heerlike kuierkos-spyskaart vir Paasfees

Deel
Gepubliseer deur
Gaynor Siljeur

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

9 hours Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

2 days Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

2 days Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

2 days Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

2 days Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.