Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele crphotographic.co.za
Genoeg vir vier.
Bestanddele
Gerookte snoekslaai met mosterdslaaisous
- 400 g gerookte snoek, gevlok en grate versigtig verwyder
- 1 k (250 ml) gaar mieliepitte
- ½ k (6-8) droë appelkose, fyngekap
- ¼ k (60 ml) geroosterde grondboontjies
- 2 grasuie, in skyfies gesny
- ½ fyngekapte rooi-ui
- n hand vol gekapte vars koljander
Mosterdslaaisous
- 1 k (250 ml) mayonnaise
- 1 k (250 ml) volroom Griekse jogurt
- ½ k (125 ml) korrelmosterd
- 2 t (10 ml) mosterdpoeier
- 2 t (10 ml) fyngekapte knoffel
- 1 e (10 ml) fyngerasperde gemmer
- 2 e (30 ml) heuning
- sap en skil van een suurlemoen
Metode
Gerookte snoekslaai met mosterdslaaisous
- Meng die gevlokte vis, mielies, appelkose, grondboontjies, grasuie, rooi-ui en vars koljander in ’n groot mengbak.
- Meng die mayonnaise, jogurt, korrelmosterd, mosterdpoeier, knoffel, gemmer, heuning en suurlemoen in ’n bakkie.
Viskoekies
Genoeg vir 6-8 koekies
Bêre vir 2-3 dae in die yskas in ’n digsluitende houer, of vries vir volgende week.
- Meng 1½ k (375 ml) snoekslaai (*sien resep bo), 1 liggies geklitse eier, ½ fyngekapte jalapeno, 1 e (5 ml) garam masala, ½ t (2,5 ml) fyn komyn, ½ t (2,5 ml) fyn koljander en ¼ k (60 ml) mosterdslaaisous (*sien resep bo) en sap van 1 lemmetjie in ’n mengbak.
- Vorm viskoekies met ’n deursnee van 5 cm en 1 cm dik met die mengsel.
- Verhit 2 e (30 ml) olyfolie in ’n pan oor matige hitte.
- Doop die koekies in geklitste eier (omtrent 2 eiers) en bedek met panko-broodkrummels, braai vir sowat 2 min. aan albei kante tot goudbruin.
- Sit met soetrissiesous voor.
