kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Alles wat jy in Februarie moet doen om vir jou rose te sorg

Gepubliseer met toestemming van Garden and Home – oorspronklike artikel: Rose Care Guide February  vertaal en versorg deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock/Konoplytska

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Jou Februarie-roosgids

Versorg jou rose so

Breek net dooie knoppe uit – moenie stamme afbreek of stele afsny nie. Hoe meer blare daar op ‘n bos is, hoe makliker is dit vir die roos om koel te bly, want blare versnel die sapvloei en koel die stamme af.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Maak seker dat die beddings ‘n goeie deklaag het. Dit sal skaduwee verskaf aan die wortels en grond, wat nie net verdamping stadiger laat plaasvind en beperk nie, maar ook die water in die grond koel hou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Selfs rose wat goed natgemaak is, kan vinnig verwelk in warm, droë toestande. As jy die rose van bo af natspuit, veral teen die middel van die dag, sal dit beslis help (en dit sal nie lei tot swartvlek nie).

Jy kan hierdie tyd van die jaar ook saans ‘n bietjie natspuit, want die blare word maklik droog.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

iStock/Imagesbybarbara

Hoeveel water het my rose nodig?

Dit hang af van ‘n hele klompie faktore, soos grondtipe, die helling van die bedding en die temperatuur.

Hier is ‘n handige gids vir Februarie:

Lei daagliks nat as die dagtemperature hoër as 35°C is.

Net elke tweede dag as die temperature tussen 28°C en 35°C is.

Twee maal per week as temperature wissel tussen 22°C en 27°C.

Weekliks as temperature laer is as dit.

Wat van bemesting?

Wag tot einde Februarie met die bemesting, want dan is dit koeler. Bemesting moedig nuwe groei aan, wat die plant onder ekstra druk plaas in warm toestande.

Wat jy in Februarie moet doen om peste en plae te vermy

Besproei voorkomend met plaagdoder.

Lees ook: Alles wat jy in Januarie moet doen om vir jou rose te sorg

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor’-kampioene steek R1 miljoen in die sak!

“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…

33 minutes Gelede

Klein maar kragtig: Jou skildklier kan jou liggaam behoorlik deurmekaarkrap

Deur Christa Swanepoel   “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…

1 day Gelede

Bou jy of breek jy jou kind se selfbeeld?

Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…

1 day Gelede

Die beste tamatiesous

Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…

1 day Gelede

Twee blitsidees met koejawels

Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…

1 day Gelede

‘Die Kwiksilwers’ is hier – maak reg vir ’n film-avontuur soos geen ander nie!

Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.