kategorieë: Ontspanning

Die Suidoosterfees word mondig! Hier’s waarna jy kan uitsien

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Jana Hattingh, uitvoerende hoof van die fees, sê: “Ons gaan dié belangrike mylpaal in ons geskiedenis onvergeetlik maak. Na meer as twee dekades is daar baie hoogtepunte waarop ons ’n glasie saam met feesgangers, kunstenaars, borge en vennote kan klink.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Kaapstad, ons tuiste in ons hele bestaan, is vir almal ’n bestemming van hoop, en met fees-aanbiedinge van uitstekende gehalte huldig ons graag ons weldoeners se waardevolle ondersteuning deur al die jare. Daarsonder sou die kunste in die Steentydperk vasgevang wees.”

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Jawaahier Petersen in SUIDOOSTER STORMSTERK (Foto: Verskaf)

NATi Teaterfees

Die NATi Teaterfees-program is propvol verrassings. ’n Splinternuwe dramaproduksie op die planke is Onder ’n bloedrooi hemel, Nicola Hanekom se verwerking van Annemarié van Niekerk se trefferboek oor liefde en geweld in Suid-Afrika. Dié publikasie is in Nederland met ’n gesogte literêre prys bekroon en het plaaslike lesers aangegryp toe die Afrikaanse vertaling verlede jaar vrygestel is.

’n Spesiale verjaardaggeskenk vir feesgangers, waarvan besonderhede eers in Maart amptelik bekend gemaak word, is ’n nuwe verhoogstuk deur Breyten Breytenbach wat spesiaal vir Antoinette Kellermann geskryf is. Met dié eenakter keer die 84-jarige ikoon van die wêreldletterkunde ná baie jare terug tot skryf vir die verhoog.

Sandra Prinsloo is te sien in Henque Heymans se nuwe verhoogdrama, Op die hoek van Styx en River is Nora per abuis met die dood oorgeslaan. Dié drama volg op Heymans se bekroonde debuut, Oom Bey.

Herschelle Benjamin en Reginald Hufkie se Op die kruin van Shôdeville met Kevin Smith, Hufkie en Donovan Pietersen, is ook deel van die Suidoosterfees. Dié drama handel oor Marvin, ’n man wat suksesvol in die vermaaklikheidswêreld is, wat terugkeer na sy tuisdorp, Schauderville, waar hy sy ou atletiekafrigter opsoek.

Gewilde dramas wat onlangs gehore by kunstefeeste en in teaters meegevoer het, maak ook ’n Suidoosterfees-draai: regisseur Nico Scheepers se briljante Braam en die engel; Pieter Odendaal se Droomwerk; Dana Snyman se Reünie met Frank Opperman, en Johann Slabbert se Routrip met Elzabé Zietsman.

Monsters, wat handel oor die moord op die Britse seuntjie James Bulger in 1993, onder regie van Tinarie van Wyk Loots, is ook op die program.

Ken jy vir Dewie?, ’n verhoogdrama oor ’n skoolskieter, met Crystal Donna Roberts, Robert Hindley en Joshwin Dyson in die rolverdeling, gaan gehore ook aangryp.

Die veelsydige Lizz Meiring is by die fees in Van die rak af, Quinton Stuurman is in Gesplete tong, en Ashraf Johaardien roep die verhoog vaarwel toe met sy optrede in Eg Kaaps: Salaam-stories.

Nic Miso in Galaxy. (Foto: Verskaf)

NATi Jong Sterre

Ook op die NATi-teaterverhoog, is produksies deur vyf nuwe NATi Jong Sterre, wie se werk die afgelope jaar ontwikkel is deur die fees, NATi en die Jakes Gerwel Stigting. Dié nuwe stemme is Geralt Cloete, Cara Rossouw, Mikayla Joy Brown, Miché van Wyk en Miliswa Mbandazayo.

Denise Jannah in Swart wyn

Denise Jannah, wêreldbekend as sangeres en aktrise, kom maak ’n Kaapse draai in Swart wyn, ’n samewerking tussen die Suidoosterfees, Northlink Kollege en die Nederlandse teatergeselskap Aan Zee Theaterproducties.

Swart wyn is gegrond op die verhale van twee suksesvolle Suid-Afrikaanse vroue-wynmakers uit verskeie eras: Vivian Kleynhans, eienaar van Sewe Susters-wyne buite Stellenbosch, en Zwarte Maria Evert, van slaweafkoms in die 17de-eeuse Kaap de Goede Hoop.

Internasionale samewerking

Behalwe vir Swart wyn met Denise Jannah en ’n span plaaslike akteurs, is daar verskeie produksies wat spruit uit samewerking tussen die Suidoosterfees en internasionale vennote.

’n Hoogtepunt op die dansprogram is Papillon wat gehore verlede jaar op die Edinburg-randfees in vervoering gehad het. Dié Kanadese dansteaterproduksie staan onder leiding van die choreograaf Helen Simard en musiekregisseur Roger White, en spog met ses lede op die verhoog. Simard en White is bekend vir hul baanbrekende werk op internasionale verhoë.

Papillon (Foto: Hoi-DoPhan)

Die Nederlandse teatermaker Minou Bosua besoek Suidoosterfees saam met studente van die Koningstheateracademie. Hulle tree saam met Northlink Kollege-studente op in Bosua se How to raise our parents. Met dié samewerking beoog die Suidoosterfees om ’n sterk fondament te lê om sy internasionale aanbod in die toekoms uit te brei, en om waardevolle kulturele kruisbestuiwing in die hand te werk.

21 produksies van 21 minute @ R21

In die Suidoosterfees se mondigwordingsjaar word 21 teaterproduksies van 21 minute elk teen die kaartjieprys van R21 aangebied. Verskeie genres word in dié verjaardagreeks gedek – van teater, musiek, opera en dans tot ’n aanbieding in gebaretaal.

Enkele hoogtepunte sluit in: Amanda Strydom: Piaf met Strydom wat sewe van Edith Piaf se bekendste liedere uitvoer; Bettie innie selle met Dean Smith as Aunty Betty wat vir 21 minute in ’n aanhoudingsel beland; Bon appétit! met die operaster Janelle Visagie; Knyp die kous innie donker met die gewilde Carlo Daniels; en This is home, ’n mini-jazzkonsert met Sima Mashazi en Ramon Alexander.

Dean Smith in BETTIE INNIE SELLE (Foto: Verskaf)

Dowwe Dolla se ouma, alias Margit Meyer-Rödenbeck, keer eenmalig terug as die blonde gladdebek se voorsaat in Ouma weet …

En die gewilde en omstrede sosialemedia-megaster Mavis vannie Lavis maak vir die eerste keer haar verskyning op die verhoog in Chronicles vannie Lavis. Die veelsydige Veronique Jephtas gee gestalte aan Mavis.

Musiek en musiekteater

Soos in die verlede, spog die Suidoosterfees se musiekprogram met Suid-Afrika se voorste kunstenaars.

Onder diegene wat vanjaar kom help kersies uitblaas, is Nataniël, Babalwa Mentjies, Coenie de Villiers, Early B, André Schwartz, Lynelle Kenned, Elzabé Zietsman, Corneil Müller, Frazer Barry, Selim Kagee, Sima Mashazi, Edith Plaatjies, Nic Miso, Madeegha Anderson, Jawaahier Petersen, Jonathan Rubain, Emo en Loukmaan Adams, Kaapstad se Operakoor en Filharmoniese Jeugorkes asook die stad se Simfonieorkes.

Early B in 21. (Foto: Verskaf)

Aanskoulike konserte en produksies in verskeie genres word aangebied, van opera en klassieke musiek tot kontemporêre musiek, gospel en kabaret.

Nataniël is by die fees met die kleurvolle Ring van vuur propvol stories, kostuums, humor en ’n repertoire wat oor drie dekades strek. Coenie de Villiers en Deon Meyer span weer kragte saam, dié keer met die musiekblyspel Roem.

Nataniël in RING VAN VUUR. (Foto: Verskaf)

Groot konserte ter viering van die fees se 21ste is op die Artscape-Operahuis-verhoog, onder meer 21, Operagala en Suidoosterfees Boogie. In dié musiekkonserte tree beroemdes op saam met jong musieksterre wat die afgelope twee dekades hul talente met deelname aan die Suidoosterfees se opleiding- en ontwikkelingsprojekte geslyp het.

Emo en Loukmaan Adams is in Two of a kind, die Universiteitskoor Stellenbosch is vir die tweede keer op die feesverhoog, en die sterre van kykNET se Suidooster kom wys weer hul slag in die musiekproduksie Suidooster Stormsterk. Burger King, wat die afgelope klompie jare betrokke geraak het by die fees se ontwikkelingsinisiatiewe, is vanjaar teenwoordig met die Burger King Konsert van hoop.

Emo en Loukmaan Adams in TWO OF A KIND. (Foto: Verskaf)

Kuier en Son

Die tydskrif Kuier gooi hul gewig agter ’n groot gospel-konsert, en die Kaapse koerant Son, wat vanjaar ook mondig word, bied ’n reeks heerlike laataand-konserte by die fees aan.

Opwindende debuutproduksies op die program is ’n sonderlinge kabaret, Karamonk, met Bianca Flanders en die weergalose Jemma Kahn as regisseur, en die skreeusnaakse musiekkomedie TWAK: Van Hunks, die Duiwel en ander twak deur Francois Toerien.

Jakes Gerwel-gesprekke

Die Jakes Gerwel Stigting en die ATKV is bekend vir die reeks kritiese gesprekke by die fees wat gewoonlik sorg vir koerant-hoofopskrifte.

Vanjaar is van die deelnemers aan die Jakes Gerwel-gespreksreeks Caster Semenya, Arthur Goldstuck, Sandra Prinsloo, Qaanitah Hunter, Mills Soko, Roelf Meyer, Francis Petersen, Nathan Trantraal, Diana Ferrus, Salim S. Abdool Karim, Angelique Coetzee, Phoebe Gerwel, Rachelle Greeff, Roy Havemann, Lyntjie Jaars, Marlene Mahokoto, Bernard Lategan, Dennis Cruywagen en Adriaan Basson.

Dans

Papillon, die fees se wêreldklas-produksie uit Kanada, is een van die groot trekpleisters op die dansprogram. Vieringe rondom Internasionale Dansdag, wat met die fees saamval, gaan vanjaar ekstra woema hê met vertonings soos The Bollywood Bazaar, Set in motion en Dance synergy volume III.

Gratis dansklasse deur professionele dansmeesters word ook weer in verskeie dissiplines vir feesgangers aangebied – van TikTok-dans tot Bollywood! En saans word daar behoorlik gejol op die Artscape se Piazza.

Kuier-tydskrif bied vrolike danssesssies aan in Kuier op die Piazza, en daar is fantastiese opwip-dansvertonings wat feesgangers lekker gaan verras of selfs onkant betrap.

Kinder- en jeugteater

Leerders en studente van verskeie instansies kom wys weer wat in hulle steek in die ATKV se Jeugteater-programafdeling. Wenners van verskeie amateur- en skole-toneelkompetisies kry die geleentheid om hul produksies aan ’n feesgehoor te bring. Studente van KPUT, Northlink Kollege en Universiteit Stellenbosch kom vind ook hul voete op die professionele verhoog.

Tydens die fees is daar verskeie kinderteaterproduksies – almal met ’n opvoedkundige inslag, en die fees bied vanaf 22 tot 25 April, net voor die hooffees, vir die eerste keer ’n Kinder- en Jeugfees aan. Die program vir dié splinternuwe fees word binnekort aangekondig.

Klein Nana, ’n reuse- selfaangedrewe marionet van ’n Zimbabwiese vlugteling-dogtertjie op haar driewiel, gaan oud en jonk op die feesterrein bekoor met ’n boodskap van verdraagsaamheid teenoor immigrante in Suid-Afrika.

Universiteitskoor Stellenbosch (Foto: Mark Cloete)

Opleiding en werkswinkels

Oudergewoonte is daar opwindende, leersame opleidingsessies by die Suidoosterfees. Die ATKV bied ’n opleidingspakket vir toneelregisseurs aan, wat drie dae duur. Dié kursus kos slegs R1 200, verblyf uitgesluit, en bied toegang tot talle professionele produksies op die feesprogram.

RSG, wat vanjaar die program Driesestig regstreeks vanaf 29 April tot 1 Mei tussen 13:00 en 15:00 by die fees uitsaai, bied ’n werkswinkel vir voornemende omroepers aan. Dié sessie is gratis, maar die publiek moet vooraf bespreek vir plek in Johan Rademan en Heidi Isaacs-Muller se geselskap.

Lynelle Kenned in ONTBAN (Foto: Verskaf)

Bogenoemde is slegs enkele hoogtepunte op die Suidoosterfees se 2024-program.

Vir die volledige feesprogram, besoek www.suidoosterfees.co.za. Kaartjies kan vanaf 5 Februarie 2024 bespreek word by Webtickets, of skakel Artscape dial-a-seat by 021 421 7695.

Die Suidoosterfees se hoofborge is die Departement van Sport, Kuns en Kultuur; die Wes-Kaapse Departement van Kultuursake en Sport; Stad Kaapstad; Netwerk24; Die Burger; NATi; kykNET; die ATKV en Artscape. Die fees word verder moontlik gemaak deur borgskappe van die NAC (National Arts Council), BASA (Business and Arts South Africa), die Jakes Gerwel Stigting, die LW Hiemstra Trust, Het Jan Marais Nationale Fonds, die Johann Brink Trust, Garden Court Nelson Mandela Boulevard, Fitch & Leeds, Homebrew Films, Burger King, Oasis, Suidooster, RSG, Son, Kuier, VIA en Heineken.

Lees ook: Wil jy met ’n splinternuwe voorkoms spog? Skryf nou in vir kykNET se ‘Stralend’

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

5 lekker hoemoes-resepte

Hou jy van hoemoes? Dan sal 13 Mei vir jou ’n belangrike datum wees. Dié…

1 hour Gelede

Is dit hoekom jy maagpyn het?

Waar pyn jou maag? Die presiese plek waar jy die pyn ervaar, kan aandui wat…

3 days Gelede

Hoe om jou dogter groot te maak om sterk en vol selfvertroue te wees

In ons moderne wêreld, waar die uiterlike voorkoms blyk om al hoe belangriker te word,…

3 days Gelede

Sauvignon Blanc Dag op prettige manier gevier

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Dis hoe die Suid-Afrikaanse wynbedryf die afgelope naweek Internasionale…

3 days Gelede

Willem Botha se nuwe liedjie kry die partytjie aan die gang

Veelsydigheid is Willem se middelnaam, maar musiek bly sy passie. Hierdie enkelsnit is sy eerstevrystelling…

3 days Gelede

Lemoen-ontbytkoekies

Die koekies is heerlik klam en maklik om te maak. Jy kan hulle sonder die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.