kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Alles wat jy in Januarie moet doen om vir jou rose te sorg

Oorspronklike teks: Alice Spenser-Higgs, vertaal en versorg deur Ilse Salzwedel. Hooffoto: iStock/jxfzsy. Ander foto’s: pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gepubliseer met toestemming van Garden and Home – oorspronklike artikel: Rose Care Guide January

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Versorg jou rose só in Januarie

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Rose wat te hoog, dig of oneweredig gegroei het of netjies gemaak moet word, kan rondom die middel van Januarie gesnoei word. (Sien ons snoeigids onder).

Jou roos-versorgingsgids vir Januarie

Hoe moet ek my rose natlei?

Hou by die normale natlei-skedule tensy dit gereeld reën.

Na ‘n reënvalperiode van omtrent twee weke word rose se blare “sag”, en jou roosbome gaan meer gereeld water nodig hê totdat dit weer aangepas het by droër weerstoestande.

Onthou: Sorg deurentyd vir ‘n goeie deklaag in jou beddings.

Bemesting

Bemes met Ludwig’s se Vigorosa of ander roos-bemesting. Moenie die bemesting oor nat blare sprinkel nie.

Wat moet ek weet oor peste en plantsiektes in Januarie?

Peste en plantsiektes kan voorkom word met ‘n voorkomende roetine. Maar hou beslis jou oë oop vir torre en rooispinmyt (of rooispinnekop) – dit het soms meer intensiewe plaagbeheer nodig.

Somersnoeiwerk – maak so:

Verwyder gevurkte en fyn takkies en snoei ‘n bietjie terug om spasie te maak vir nuwe rose om te groei.

Bekyk elke roosboom deeglik, en sny slegs die terug met baie blare. Maak seker dat die deel van die plant onderkant die gesnoeide deel nog lekker vol blare is.

Wees op die uitkyk vir roosbome wat min blare het weens swart kolle op die blare. Dis swartvlek, of sg. black spot disease, wat eintlik ‘n swam is. Sulke plante kan wel gesnoei word deur al die kaal stamme heeltemal uit te knip. Snoei ook lote wat om dieselfde spasie meeding.

Die stamme wat oorbly behoort baie blare aan die punte te hê. Knyp gerus die blare aan die punte af – dit veroorsaak dat die roos laer uitspruit. Sodra die nuwe lote omtrent 20cm hoog is, kan die plant gesnoei word tot net bokant hierdie nuwe lote vir ‘n meer hanteerbare hoogte.

Snoei gerus jou roosbome korter, solank jy seker maak dat daar nog blare oor is aan die stam onderkant die gesnoeide gedeelte. As dit baie warm en droog is, verdeel die snoeiwerk in twee fases sowat een week uitmekaar. Dit sal lei tot die minste versteuring van sapvloei. Wanneer die sapvloei verminder, raak dit warmer onder die plant se bas, wat kan lei tot stamkanker.

Lees ook: Loer hier na Garden & Home se oulike snoeigids vir rose

Vir nog goeie tuinmaakraad, loer hier

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

2 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

2 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

2 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

2 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.