Alles wat jy in Maart moet doen om vir jou rose te sorg deur Alice Spenser-Higgs. Vertaal deur Ilse Salzwedel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Gepubliseer met toestemming van Garden and Home – oorspronklike artikel: Rose Care Guide January
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Maart is ’n goeie maand om die vertoning van die verskillende roosbome in jou tuin te evalueer en vas te stel hoekom party nie so goed vaar nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As net een plant tussen al die ander swak blom, kan dit moontlik die variteit wees, of dit kon ’n knou gekry het toe jy vroeër die seisoen van die loof verwyder het.
Rose wat voortdurend vatbaar is vir siektes, verhoog jou hele tuin se siektelading. Oorweeg dit gerus om sulke plante te vervang met siektevrye variëteite soos Eco Chic.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }As die probleem deur water veroorsaak word, oorweeg ekstra spuitkoppe vir jou besproeingstelsel, of skuif sprinkelpunte om die probleem aan te spreek.
Nog redes vir rose wat swak blom, is te veel skaduwee of struike wat hul spasie binnedring. Merk sulke roosbome en verskuif hulle in Mei/Junie.
Wanneer die dagtemperature begin daal, hoef jy net eenmaal per week water te gee.
Wanneer rose begin voorberei vir winter-hibernasie, onttrek hulle voedingstowwe uit hul blare. ‘n Ekstra toediening van bemesting sal die plant help om die nodige voedingstowwe op te gaar en steeds genoeg te hê om tot diep in die winter aan te hou blom.
Swartvlek kan toeneem weens swaar dou-neerslae en lae temperature, en in sommige streke lei dit tot ‘n toename in roes en poeiermeeldou (downy mildew). Wissel die kombinasie van Ludwig’s se Insect Spray, Chronos en Ludwig’s Spray Stay with Rose Protector af vir ekstra beskerming.
Lees ook:
“Rugby, braaivleis, sonskyn”, soos die immergroen klingel lui, is mos in Suid-Afrikaners se bloed. En…
Deur Christa Swanepoel “Dit het gevoel of ek per ongeluk my energiekraantjie oop vergeet…
Selfs die mooies, slimmes en sterkes onder ons sukkel soms met ’n swak selfbeeld. Gee…
Ek gebruik dié basiese tamatiesous altyd as pastasous. Dis min of meer dieselfde vir my…
Trope toe met koejawels in die kombuis! rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, deel…
Kwiksilwer, die vintage Ford Granada in die speelfilm Die Kwiksilwers, is nie sommer enige kar…
Hierdie webwerf gebruik koekies.