‘Dutch Baby’ met eksotiese sampioene & brosgebraaide spek

Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele van crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Genoeg vir 2 as ’n vinnige aandete

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

• 4 repies spek
• 3 eiers
• ¾ k (185 ml) melk
• ¾ k (80 g) koekmeel
• ½ t (2,5 ml) sout
• 2 e (30 ml) botter
• 1 e (15 ml) olyfolie
• 1 t (5 ml) knoffel
• 1 e (15 ml) vars tiemie, van die takkies gestroop
• 125 g bruin sampioene
• 125 g eksotiese sampioene
• ½ k (125 ml) crème fraîche

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 180 ˚C.
2 Verhit die olie in ’n pan oor matige hitte en braai die knoffel en tiemie vir 2 min. daarin. Voeg die sampioene by en braai tot goudkleurig en gaar. Trek van die hitte af en hou eenkant.
3 Sit die spekrepies op ’n bakplaat en bak vir 7-10 min. tot gaar en bros.
4 Verhoog die oondtemperatuur tot 200 ˚C en sit ’n oondvaste pan met ’n deursnee van 20 cm in die oond om warm te word.
5 Sit die eiers, melk, meel, sout en 1 e (15 ml) botter in ’n voedselverwerker en verwerk vir 2 min. of tot glad. Hou eenkant.
6 Haal die verhitte pan versigtig uit die oond. Sit die res van die botter in die pan en versprei eweredig met ’n sirkelbeweging. Gooi die beslag in die pan.
7 Bak vir 18-20 min. of tot opgepof en goudbruin.
8 Sit met die gebraaide sampioene, crème fraîche en bros spekrepe voor.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

3 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

4 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

4 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

4 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.