Laktose-intolerant? Hoe om die regte jogurt te kies

Laktose-intolerant? Hoe om die regte jogurt te kies deur Salomé Delport Hooffoto: iStock/tashka2000

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hier is ’n klein troos: as jy laktose-intolerant is, is jy eintlik “normaal”. Rondom twee derdes van die wêreldbevolking kan nie melksuikers afbreek nie, en is dus laktose-intolerant soos jy.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Nie dat dit veel help nie, want ons leef in ’n kultuur waar melkgebruik baie algemeen is, van ontbyt tot laataand en uiteet. Wie se dag begin nie met melk op jou pap en eindig nie met melk in jou koffie of tee nie?

Laktose-toleransie het toevallig in ’n klein deel van Wes-Europa ontwikkel – hoofsaaklik Brittanje, Nederland, Duitsland en die Skandinawiese lande. Die meeste van die mense wat laktose-tolerant is, is hul nasate.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Word jou maagpyn veroorsaak deur laktose-intoleransie?

Gelukkig beteken die feit dat jy laktose-intolerant is nie dat daar iets fout met jou dermkanaal is nie. Maar as jy gewone melk bly gebruik gaan jy bly sukkel met simptome soos maagpyn, winderigheid, diarree, naarheid en opgeblaasheid.

Party van ons kan ’n bietjie melksuiker hanteer. Ander is uiters sensitief. Só vergelyk die verskillende soorte suurmelk. Toets wat vir jou werk deur alle melk en kaas uit te sny en vir ’n week lank net een hiervan te gebruik. As jy simptoomvry is, het jy die oplossing, wat al die nare gevolge van laktose-intoleransie sal wegwerk.

Interessant: Lees hier hoeveel laktose daar in die verskillende soorte kosse is wat ons algemeen eet.

Jy sal sien dat kefir eintlik meer laktose as jogurts bevat. Ten spyte daarvan vind die meeste mense met laktose-intoleransie dat hulle baie goed vaar op kefir. Die vermoede is dat dit te doen het met die groot verskeidenheid van organismes in kefir – 14, teenoor die twee, drie spesies vir die ander. Hierdie bykomende organismes help ook laktose afbreek, en help dus die laktosevlak in jou dermkanaal laag hou, al verskaf kefir jou meer laktose as ander suurmelkprodukte.

So lyk die melksuiker in verskillende jogurts as jy laktose-intolerant is

Die soort
Mikrobes daarin
Wat van die melksuiker word
Reg as jy laktose-intolerant is?


Gegeurde jogurt
1-2 lactobacillus bakteriespesies
Melksuur
Reg vir min mense met laktose-intoleransie. Ook weens ekstra suiker en/of vrugtestroop


Bulgaarse jogurt
1-2 lactobacillus bakteriespesies
Melksuur
Reg vir party mense met laktose-intoleransie


Maas
Lactococcus en Leuconostic bakteriespesies
Melksuur
Koolstofdioksied
Reg vir die meeste mense met laktose-intoleransie


Kefir
Tot veertien verskillende spesies bakterieë en giste. Hulle kan varieer
Melksuur
Koolstofdioksied
Alkohol (0.1%-2%)
Reg vir byna almal met laktose-intoleransie, veral as dit twee dae lank gis.


Lees ook: Gefermenteerde kosse is goed vir jou! Probeer die volgende.

Kefir en maaskaas is die beste vir mense wat laktose-intolerant is – met ’n bietjie skop

Het jy die alkohol in kefir raak gesien? Kefir is letterlik ’n tiermelk!

Maar voordat jy dit van nou af kefir vir ontbyt vermy – of juis ’n ekstra groot skep oor jou ontbytvlokkies skep – onthou dat die hoeveelheid alkohol daarin baie min is. Dit is van 0.1%  tot 2%, teenoor 6% in bier. Tog, as jy ’n liter ‘sterk’ kefir drink kry jy omtrent soveel alkohol in as in een 330-ml botteltjie bier.

Lees ook: Is laktose-intoleransie die oorsaak van jou maagpyn?

11 slim suiwel(vry)planne vir mense met laktose-intoleransie

istock/DejanKolar

Deel
Gepubliseer deur
Salome Delport

Onlangse plasings

Geniet serums met African Extracts-rooibosvelsorg wat jou vel red

Dit bevat bio-aktiewe rooibos-antioksidante en alles van die jongste wetenskap om jou vel goed te…

6 days Gelede

Juanita du Plessis is terug met ‘n nuwe enkelsnit op haar verjaardag!

Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe…

6 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met die musiekgroep Posduif oor hul nuwe album

Posduif, die gewilde Afrikaanse musiekgroep, het weer ons land se radiogolwe laat vlam vat met…

6 days Gelede

10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!

Aanhouer wen Natasha Joubert is in 2020 as tweede prinses in die Mej Suid-Afrika-  …

6 days Gelede

Hoe om jou wit tekkies te was

Die meeste van ons is mal daaroor om ’n splinternuwe paar wit "sneakers" aan te…

7 days Gelede

As die onheil jou tref

Deur Anys Rossouw Mooiweerdae en onweer-dae kom en gaan in elke mens se lewe. Die…

7 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.